In Die BeginVoorbeeld
Lees: Genesis 7:1-24; Psalm 23
SOAP: Psalm 23:4
"Selfs al gaan ek deur donker dieptes, sal ek nie bang wees nie, want U is by my. In u hande is ek veilig."
Oordenking
Kan jy jou voorstel hoe Noag gevoel het toe hy en sy familie in die middel van die vloed was? Noag het alles gedoen wat God hom beveel het. Hy was getrou in sy wandel met God en hy was getrou deur die ark te bou. God het die deur van die ark gesluit en die vloed het gekom. Noag en sy familie en die diere by hulle was die enigstes wat oorleef het. Hoe groot moes die wonder, vrees en verwarring gewees het wat hulle gevoel het? Ook die afwagting ...
Dieselfde God wat Noag uit 'n bose geslag gered het, dieselfde God wat vir Noag opdrag gegee het presies hoe om die ark te bou, dieselfde God wat self die deur gesluit het en dieselfde God wat Noag en sy familie en al die diere van die vloedwaters beskerm het, is vandag steeds God. Hy is by ons in al ons vloede, ons valleie, al ons vrese.
Alhoewel God alle lewende wesens vernietig het, het Hy Noag en sy familie gered. God was met hulle en Hy het hulle selfs te midde van donkerheid gelei. Ons het almal al seisoene van oorweldigende vrees beleef. Wanneer ons voor valleie te staan kom, of dit as gevolg van pyn, verlies, sonde, vrees of verdrukking is, ons God is dieselfde. Hy is die herder wat vir ons sorg. Hy is die Een wat ons lei na oorvloed, wat ons help wanneer ons swak of moeg is, wat ons krag gee en ons die regte pad aanwys.
Noag het alle rede gehad om bang te wees. Tog het hy op God vertrou te midde van sy omstandighede en elke dag met God gewandel. Mag ons lewens 'n weerspieëling wees van Noag se lewe, getrou om alles te doen wat God van ons vra, getrou om aan Hom vas te hou selfs in die donkerste valleie en verseker te weet dat Hy by ons is, ongeag wat gebeur.
Gebed
Vader God, ek weet dat U by my is. U is my herder en in U, ontbreek daar niks by my nie. U is by my en ek is nie bang vir enige gevaar nie. U verseker my van wie U is en wat U kan doen. Ek vertrou U, o Heer. Amen.
Aangaande hierdie leesplan
In die Begin is 'n ses weke lange Bybelstudie oor Genesis 1-11. Hierdie studie ondersoek die skeppingsverhaal, die oorsprong van die mensdom, die invloed van sonde op die wêreld, die onmiddelike belofte van verlossing, die redes vir die vloed, God se voorsiening vir Noag en sy familie, God se eerste verbond met die mensdom en die geslagsregister van die Messias.
More
Ons wil graag Love God Greatly Afrikaans bedank vir die verskaffing van hierdie plan. Vir meer inligting, besoek asseblief: https://lovegodgreatly.com/afrikaans/