Singende in die Donker: Om Hoop te Vind in Liedere uit die SkriftegedeeltesVoorbeeld

Singing in the Dark: Finding Hope in the Songs of Scripture

DAG 3 VAN 4

'n Lied van Oorwinning

In die vroeëre maande van 2008 is my ma met stadium-drie borskanker gediagnoseer. Die nuus het ons almal onkant gevang. Sy sou deur veelvoudige rondtes van chemoterapie met hewige newe-effekte gaan. Dan chirurgie. Dan meer chemo. Uiteindelik bestraling.

Dit was 'n donker, angswekkende, aaklige tydperk. Ek, die skrywer van so baie liedere van hoop, het gevoel hoe my hoop en vrede wegvloei.

Tannie Carol kom binne. Ten spyte van haar eie hartseer en as gevolg van die situasie, het sy gedurende die volgende paar maande vir ons oorwinningsliedere geleer wat ons deur die storm sou neem. Sy noem dit deesdae net "vrolike liedjies", alhoewel dit nie lig en sag is soos die woord vrolik beteken nie. Dit is subtiele, kragtige kore van lofsang wat ons tot hoop te midde van lyding en twyfel oproep.

Wat beteken dit om gedurende die lewe se storms liedjies van oorwinning te sing? Almal van ons bevind ons van tyd tot tyd in donkerte. Ek dink daar is altyd 'n lae vlak van 'n storm wat in ons siele dreig. Bekommernis, onrustigheid en vrees bedreig ons geestesgesondheid en verminder ons vreugde.

Of dit 'n wêreldwye pandemie is, of onrus en paniek oor wat die toekoms mag inhou, die wêreld het maniere om ons met nuwe vrese te bestook. 

Ons word so dikwels verlam deur hierdie vrese. Ons beweeg nie, want ons weet nie wat God wil hê ons moet doen nie. Ek is egter verheug daaroor om te kon leer dat Hy weet wat ons moet doen — waar om te begin. Hy vertel ons dit al vir jare. 

Vir die Israeliete het Hy sorgvuldig uiteengesit waarvolgens sy volk moes lewe en Jesus het dit later bondig opgesom: “Jy moet die Here jou God liefhê met jou hele hart en met jou hele siel en met jou hele verstand ... Jy moet jou naaste liefhê soos jouself” (Matteus 22:37, 39).

Debora, 'n rigter van Israel, gedurende die dae voordat hulle 'n koning gehad het, het dit geweet. Sy het God liefgehad met haar hele hart en sy het Hom vertrou en was aan Hom gehoorsaam, en het die goeie vir haar volk nagejaag. Haar vertroue was aansteeklik. Dit het die militêre leier, Barak, ook laat vlam vat. Alhoewel hy aanvanklik skrikkerig en bevrees was, het hy Debora se voorbeeld gevolg. Hulle het tien duisend troepe beïnvloed om dieselfde te doen deur hulle mede-Israeliete te verdedig, terwyl hulle God vertrou het om hulle die oorhand in die geveg te gee.

Selfs wanneer ons die onbekende in die gesig staar, of wanneer ons deur onsekerheid oorval is, selfs terwyl ons wag, het ons belangrike dinge om te doen. Ons kan ons soekende harte aan die Here toevertrou, en dit met mekaar deel. Ons het lief soos ons ook liefde ontvang. Ons hou aan om te oefen om ons vermoeide siele in die arms van die enigste Een te plaas wat ons veldslae vir ons kan veg en ons na oorwinning kan lei.

Nadenke: Vra God om jou vandag te wys wanneer Hy jou roep om te rus en wanneer Hy jou roep om op te tree. Vra dan sy hulp om dit te doen.

Dag 2Dag 4

Aangaande hierdie leesplan

Singing in the Dark: Finding Hope in the Songs of Scripture

Alte dikwels veroorsaak die lewe se uitdagings en vrae dat mense teen gevoelens van twyfel en wanhoop veg terwyl hulle herhaaldelik opsoek is na hoop. In "Singing in the Dark" stel Ginny Owens die leser bekend aan kragtige maniere hoe om nader aan God te beweeg en hoe die elemente van musiek, gebed en treursang 'n aanbod van ryk, lewendige en vreugdevolle gemeenskap met Hom bied, veral in die donkerste dae.

More

Ons wil graag vir David C. Cook bedank vir die voorsiening van hierdie leesplan. Vir meer inligting, besoek gerus: http://davidcook.org/singing-dark-reading-plan/