Singende in die Donker: Om Hoop te Vind in Liedere uit die SkriftegedeeltesVoorbeeld

Singing in the Dark: Finding Hope in the Songs of Scripture

DAG 2 VAN 4

'n Lied vir die Sukkelende Pad

Het jy al jouself in 'n tydperk bevind waar die werk te vervelig en eentonig was? Miskien, of selfs weet jy in teorie dat jy in 'n periode van voorbereiding is, maar jy is nie heeltemal seker vir wat of waarom jy skynbaar vasgevang is in die huidige oomblik nie. Jy wens dat die toekoms vinniger kan beweeg en alreeds hier was.

Die Skrif is vol van mense wat op sukkelende paaie was — wat geroepe was om deur vervelige of moeilike omstandighede dag na dag, jaar na jaar te gaan. Moses is 'n besondere voorbeeld en 'n wonderlike leidsman op so 'n reis. Hy het een oninteressante fase van sy lewe verruil — 'n 40-jaar loopbaan om agter skape aan te sukkel — vir 'n baie moeiliker tydperk van sukkel — om honderde, duisende knorrige, lawaaierige Israeliete op 'n 40-jaar reis na 'n plek te neem wat God hulle beloof het.

Die verhaal van Moses se herskepping terwyl God hom deur hierdie lang tydperk gelei het, is waarlik boeiend. Soos die Here hom gelei het, een sukkelende tree op 'n keer, het sy afhanklikheid van God gegroei. Hy het dinge meer soos God begin sien. Sy geduld het begin toeneem. Hy het oneindig wyser en buitengewoon medelydend en liefdevol geword.

Ek hou daarvan dat God vir Moses voorberei het vir sy wêreld-veranderende avontuur regdeur elke oomblik van sy vroeëre sukkelende lewe. Moses het sy opleiding nodig gehad om die Pentateug te skryf, die eerste vyf boeke van die Bybel. Hy het sy militêre opleiding nodig gehad vir leierskap en logistieke werkswyse. Hy het sy herders-vaardighede nodig gehad sodat hy met geduld die mense wat God aan hom toevertrou het kon beskerm en beheer.

God geniet dit glad nie wanneer ons pyn het nie. Hy is altyd midde-in alles by ons, sodat alles ten goede sal meewerk (Romeine 8:28). Selfs wanneer ons nie verstaan waarom dinge nie volgens ons planne verloop nie, kan ons met vertroue weet dat die Here altyd getrou is en sy onwrikbare krag aan ons bied.

Toe my loopbaan, of dit nou in die onderwys of musiek was, my enigste doel op my sukkelende pad was, het die pad alledaags gevoel. Ek wou vinnig daarby uitkom en al my doelwitte gister al bereik het. Alles wat ek bereik het, was inderdaad lonend — vir ten minste 'n paar ure. Wanneer dit egter meer saak gemaak het as enigiets anders, moes ek die volgende môre weer van voor af skouer aan die wiel sit.

Toe my doel egter was om met God op my sukkelende pad te stap, het dit lewegewend begin voel. Daar was geleenthede om stil te raak en die skoonheid van die natuur te geniet of om tyd vir 'n vriend in te ruim. Daar is plek vir onderrig, om asem te haal en gebed. Daar word baie gesing van hoop terwyl ek verder gestap het — tree vir tree.

Nadenke: Kan jy onthou van 'n moeilike tydperk toe God jou karakter en vertroue in Hom versterk het? Dink na oor daardie tydperk toe Hy jou ontmoet het en bedank Hom daarvoor. Indien jy nie aan so 'n tydperk kan dink nie, vra Hom om aan jou, selfs vandag, sy getrouheid in die besonderhede van jou lewe te wys.

Dag 1Dag 3

Aangaande hierdie leesplan

Singing in the Dark: Finding Hope in the Songs of Scripture

Alte dikwels veroorsaak die lewe se uitdagings en vrae dat mense teen gevoelens van twyfel en wanhoop veg terwyl hulle herhaaldelik opsoek is na hoop. In "Singing in the Dark" stel Ginny Owens die leser bekend aan kragtige maniere hoe om nader aan God te beweeg en hoe die elemente van musiek, gebed en treursang 'n aanbod van ryk, lewendige en vreugdevolle gemeenskap met Hom bied, veral in die donkerste dae.

More

Ons wil graag vir David C. Cook bedank vir die voorsiening van hierdie leesplan. Vir meer inligting, besoek gerus: http://davidcook.org/singing-dark-reading-plan/