Singende in die Donker: Om Hoop te Vind in Liedere uit die SkriftegedeeltesVoorbeeld

Singing in the Dark: Finding Hope in the Songs of Scripture

DAG 4 VAN 4

'n Lied van Krag

Om blind te word, is een van die drie grootste vrese wat baie mense in die wêreld het. Ek het vroeg geleer om anders te wees kan lei tot afsondering en hartseer, tensy ek sake in my eie hande neem. Om 'n beter lewe te lei, was my verantwoordelikheid. Namate ek geoefen het om grimering aan te wend — om klere te stryk, te kook of die huis skoon te maak — het ek geweet dat dit my voorberei vir die toekoms.

Elke taak wat ek kon bemeester, het vir my meer selfvertroue gegee, sodat ek amper enigiets kon doen wat ek besluit het om te doen. My dryfkrag om dit te doen, het my gehelp om te floreer in 'n siende wêreld. Daar is 'n probleem met hierdie soort innerlike durf. Op 'n stadium raak dit uitgeput.

Die dryfkrag om jou plek in die wêreld in te neem en in stand te hou is genadeloos, eindeloos en 'n uitputtende strewe wat jou van al jou kragte dreineer. Wanneer jy dan wankel, voel jy soos 'n mislukking. Jy probeer om te herstel deur nog méér durf aan die dag te lê, maar mettertyd misluk jy net weer.

Niemand wil 'n swakkeling wees of gesien word as 'n swakkeling nie. Nogtans kom ons almal voor uitdagings te staan en ons het almal swakhede. 

Hanna is 'n pragtige voorbeeld van 'n ontmoeting met God in kwesbaarheid. Sy het die tabernakel binnegegaan op haar gesin se jaarlikse pelgrimstog na Jerusalem, maar hierdie keer het sy in algehele gebrokenheid en baie trane haar hart voor die Here uitgestort (1 Samuel 1:10). Sy het nie berusting in haar omstandighede gehad nie, maar het nogtans volgehou om die Here te prys. Sy het haar gebroke hart gebring en hartstogtelik gebid oor die een ding wat vir haar 'n swaar las was — haar kinderloosheid.

In haar swakheid het sy na die Here toe gegaan en haar begeerte aan die enigste Een vertel wat 'n verandering kon maak.

Hanna het nie net vir 'n seun gebid nie. Sy het ook die sorge en bitterheid wat van haar 'n gevangene gemaak het aan God oorgegee. Hanna het haar diepste begeertes, diepste hartseer en diepste donkerte voor die Here uitgestort. Sy het alles wat in haar hart verskuil was aan die God wat haar geskep het oorgegee.

Nou het geen mure tussen hulle gestaan nie. Deur die belydenis, die treur en die aanbieding van Hanna se gebed kan ons sien hoe God se bemagtiging begin.

Die rede hoekom ek daagliks sukkel om in God se krag te lewe, is omdat ek moet erken dat dit in orde is om swak te wees. Alhoewel jy dink dat blindheid my grootste hindernis is, is my innerlike swakheid baie meer uitdagend. Die grootste swakheid vir 'n gedrewe "vermaker" soos ek is om bekommerd te wees oor hoe ek gesien word. Wanneer ek my identiteit in Christus rus, vind ek ware krag.

Hoe werk dit in die ware lewe? Dit beteken dat ek probeer om myself te sien soos die Here my sien — as sy besonder geliefde dogter, die ontvanger van Christus se voltooide werk aan die kruis. 

As ander dink dat ek swak is, is dit goed so. Hulle is reg — ek kan nie op my eie lewe nie en ek ontwikkel al hoe meer selfvertroue oor daardie feit. 

Nadenke: Watter begeertes het jy wat jy aan die Here moet oorgee? Waarop maak jy staat vir jou krag, eerder as op Syne? Vra Hom om vandag vir jou 'n dieper insig in sy teenwoordigheid te gee, en om jou te leer om Hom te vertrou, met alles, ook jou diepste begeertes.

Vir meer inligting oor die boek besoek asseblief hier.

Dag 3

Aangaande hierdie leesplan

Singing in the Dark: Finding Hope in the Songs of Scripture

Alte dikwels veroorsaak die lewe se uitdagings en vrae dat mense teen gevoelens van twyfel en wanhoop veg terwyl hulle herhaaldelik opsoek is na hoop. In "Singing in the Dark" stel Ginny Owens die leser bekend aan kragtige maniere hoe om nader aan God te beweeg en hoe die elemente van musiek, gebed en treursang 'n aanbod van ryk, lewendige en vreugdevolle gemeenskap met Hom bied, veral in die donkerste dae.

More

Ons wil graag vir David C. Cook bedank vir die voorsiening van hierdie leesplan. Vir meer inligting, besoek gerus: http://davidcook.org/singing-dark-reading-plan/