Waar Gebed 'n Werklikheid WordVoorbeeld

Where Prayer Becomes Real

DAG 5 VAN 5

Dag Vyf

Die Here is Naby 

Vir die grootste deel van my Christelike lewe het ek nie agtergekom hoe baie ek met myself in gebed geworstel het nie. Wanneer ek, volgens my eie standaarde, nie "goed" gebid het nie, was ek teleurgesteld en het ek harder probeer om vir God te bewys hoe getrou ek is. Eintlik het ek in my eie krag probeer om vol vertroue te bid, eerder as om die waarheid te ontdek van dit wat God reeds vir my gedoen het. Diep in my hart het ek geglo dat God nie eintlik die waarheid wou hoor nie. 

In Psalm 145:18 lees ons egter die teenoorgestelde: "Die Here is naby almal wat Hom aanroep, almal wat Hom in opregtheid aanroep." Alhoewel baie mense stadig maar seker leer dat ons God in ons worstelinge, ons sonde en ons vreugdes kan binnelaat, kry baie dit nog steeds nie reg om God in ons gebede in te laat nie. Ons bid tót God, eerder as om Hom werklik te midde van ons gebede (of ons mislukking in gebed) te ken. Wanneer my gedagtes onder gebed begin dwaal, het ek nooit gedink dat God regtig híér in gebed by my is en my uitnooi om alles waarmee ek sukkel na Hom te bring nie. Wanneer ek gedurende gebed aan die slaap raak, het ek daarvoor om verskoning gevra, maar nooit met God oor my moegheid gepraat nie. 

Dit was my mentor wat vir my geleer het dat gebed nie 'n plek is om goed te probeer wees nie, maar eerlik. Dit is hier waar gebed vir my 'n werklikheid geword het, want ek het besef dat God my werklik wil ontmoet — hier in my diepste begeertes, my stryd en die spanning wat ek in my verhouding met Hom ervaar. Eerder as om te dink dis verbode, is dit juis hier waar ek uitgenooi word om sy teenwoordigheid te leer ken en sy genade te ontvang — net wanneer ek dit nodig het. 

Ek het besef dat my gebede nie altyd eerlik was nie, want ek het gedink ek moet bid soos 'n getroue Christen sal bid. My gebedslewe het dus net voorgee geword, hopende dat as ek genoeg voorgee, ek uiteindelik goed sal kan bid. Dit het my nêrens gebring nie. Die gevolg was dat ek opgehou bid het. Toe ek God se uitnodiging om sy liefde en sy teenwoordigheid in der waarheid te leer ken, het ek besef wat dit beteken dat Hy waarlik by my in hierdie situasies is. Dit is nie net waarhede om te besef nie, maar waarhede om te beleef. 

Is daar enigiets waarmee jy sukkel wat jy nog nooit in gebed na God gebring het nie? Watter wense en begeertes in jou hart wil God hê moet jy in sy teenwoordigheid bring? Hoe sal jy dit met God deel? Kan jy regtig diep binne jou glo dat God by jou in al hierdie situasies is, of is daar nog steeds sommige dele van jou hart wat jy vir jouself hou? 

Dankie dat jy hierdie leesplan voltooi het. Ek bid dat dit vir jou 'n groot seën was. Indien jy van die leesplan gehou het, wil ek graag vir jou gratis toegang tot die eerste hoofstuk van my boek gee. Jy kan toegang kry by https://www.whereprayerbecomesreal.com  

Dag 4

Aangaande hierdie leesplan

Where Prayer Becomes Real

Gebed kan soms na 'n baie eensame ervaring voel. Ek probeer dikwels terwyl ek bid om in my hart en siel stil te word, maar my gedagtes jaag in alle rigtings. Soms raak ek sommer net aan die slaap. Daar is tye wanneer dit voel asof my gebede van die plafon af terugbons. Wat ons dikwels nie besef nie, is dat die Here juis in hierdie omstandighede vir ons goeie nuus bied. Kom ons ruim tyd in om na te dink oor die goeie nuus van gebed.

More

Ons wil graag Baker Publishing vir die verskaffing van hierdie leesplan bedank. Vir meer inligting, besoek asseblief: https://bakerbookhouse.com/products/235866