Waar Gebed 'n Werklikheid WordVoorbeeld
![Where Prayer Becomes Real](/_next/image?url=https%3A%2F%2Fimageproxy.youversionapi.com%2Fhttps%3A%2F%2Fs3.amazonaws.com%2Fyvplans%2F24996%2F1280x720.jpg&w=3840&q=75)
Dag Twee
God doen Selfs Meer as wat ons Verwag
Die uitdagings met gebed, is dat baie van dit wat ons oor gebed glo, al die goeie dinge is wat ons in die kerk leer, in Bybelstudie oor gebed en selfs deur ons eie gebedstyd, maar nie noodwendig in ons stryd met gebed vir ons vertroosting bring nie. Dis soms maklik om die waarheid oor gebed te vergeet wanneer gebed vir ons moeilik raak. Ons besef alles wat God gedoen het om ons te red – en tog vergeet ons dit wanneer ons bid en ons dink Hy wil net hê dat ons goed moet leef en onsself regruk. Ons het meer as net goeie aanmanings nodig — ons het riglyne nodig om in die waarheid te leef.
Ons het reeds gesien dat 'n gedeelte van die goeie nuus oor gebed is dat God ons in die waarheid ontmoet deur ons te herinner dat ons self nie weet hoe om te bid nie. Ons kan diep asemhaal en 'n sug van verligting slaak. God weet. God verstaan. Ons kan weer bevestig dat Hy in Jesus vir ons 'n Hoëpriester gegee het wat vir ons by die Vader intree, sodat ons nie alleen in sy teenwoordigheid hoef te staan nie. Ons word gedra en gedek deur die Een deur wie se lewe, dood en opstanding ons God se teenwoordigheid ontvang. God gaan selfs verder as net dit.
Wanneer ek sukkel om te bid, selfs al ken ek al hierdie waarhede, al kan ek baie goeie dinge oor gebed bevestig, voel ek soms of ek alleen al die werk doen. Gebed is iets wat ek doen. Dalk is selfs dit vir jou 'n stryd. Dalk is gebed vir jou iets wat jy móét doen, maar nie altyd iets waarby jy uitkom nie. Ek dink dis hier waar ons besef wat ons probleem is. Wanneer gebed iets raak wat ons voel ons moet doen, of 'n aktiwiteit waaraan ons moet deelneem, kom ons gou agter dit is nie iets wat ons geneig is om gereeld te doen nie. Wat as ek jou egter vertel dat dit nie is wat gebed is nie? Wat as ek jou vertel gebed is iets waarin jy intree? Van die goeie nuus oor gebed is, voor jy nog 'n woord geuiter het, word jy ingenooi na iets wat om jou onthalwe reeds aan die gebeur is. Selfs in ons stryd om tyd te maak vir gebed, ontmoet God ons in ons swakheid.
Soos genoem in gister se oordenking, sê Paulus vir ons dat die Heilige Gees in ons siele gestuur is. Dit is hier, verklaar Paulus in Romeine 8:26b, dat "die Gees self pleit vir ons met versugtinge wat nie in woorde gesê word nie." Uit die diepte van jou hart, tree die Gees vir jou in. Die Gees sien al die kere waar jy sukkel om om te gee. Die Gees ken jou diepste pyn, gebrokenheid en wanhoop. Die Gees kyk nie op 'n afstand na al hierdie dinge nie, maar Hy het neergedaal in al hierdie areas en ken dit beter as jyself. Die Gees is in jou diepste wese teenwoordig.
Ons word iets soortgelyks vertel oor die Seun. Die Seun "leef om altyd in te tree" namens ons in die teenwoordigheid van God. Voordat ons 'n woord in gebed uiter, pleit die Gees vir ons vanuit ons diepste wese en die Seun staan namens ons voor die Vader en bid vir ons. Ons eie woorde word in hulle woorde opgevang. Ons eie gebed word deur hulle gebed gedra. Wanneer ons bid, betree ons die voorbidding van die Seun en die Gees om ons onthalwe, terwyl ons gebed na die Vader opgaan.
Hoe verander die wete dat die Seun en Gees namens jou intree, hoe jy bid? As God alreeds die woorde gebid het wat jy te bang is om te bid, as die Vader reeds weet wat ons nodig het voor ons nog vra (Matteus 6:8), hoekom sukkel ons nog om alles na Hom te bring? Hoe sal dit wees om net "jouself in diens te stel" (Romeine 6:13) van God, te vertrou in sy werk – en ook te vertrou dat sy gebede genoeg is?
Aangaande hierdie leesplan
![Where Prayer Becomes Real](/_next/image?url=https%3A%2F%2Fimageproxy.youversionapi.com%2Fhttps%3A%2F%2Fs3.amazonaws.com%2Fyvplans%2F24996%2F1280x720.jpg&w=3840&q=75)
Gebed kan soms na 'n baie eensame ervaring voel. Ek probeer dikwels terwyl ek bid om in my hart en siel stil te word, maar my gedagtes jaag in alle rigtings. Soms raak ek sommer net aan die slaap. Daar is tye wanneer dit voel asof my gebede van die plafon af terugbons. Wat ons dikwels nie besef nie, is dat die Here juis in hierdie omstandighede vir ons goeie nuus bied. Kom ons ruim tyd in om na te dink oor die goeie nuus van gebed.
More