Waar Gebed 'n Werklikheid WordVoorbeeld

Where Prayer Becomes Real

DAG 3 VAN 5

Dag Drie

Bid met Geloof

Selfs al gee ons erkenning aan al die regte dinge oor gebed, kom ons agter dat ons tog maar nog sukkel wanneer ons bid. Ons wonder nog steeds of God regtig daar is. Ons roep na Hom en tog beleef ons gereeld tye in gebed waar ons nie seker is hoe om dit te vertolk nie. Dit sou baie gehelp het as die Bybel vir ons riglyne in hierdie situasies kon gee. Miskien is dit wel daar. 

In 1 Johannes 3:19-20, lei Johannes ons siele spesifiek na hierdie soort uitdagings. Eerstens ontdek ons dat ons "aan Hom behoort" en kan ons met 'n geruste gewete tot Hom nader. Dit klink aanvanklik 'n bietjie vreemd. Hoekom moet ons onsself in God se teenwoordigheid gerusstel? Hoekom praat ek met myself in God se teenwoordigheid?! Johannes se volgende woorde verklaar die probleem: "As ons gewete ons veroordeel — God is groter as ons gewete, en Hy weet alles." 

Let daarop dat Johannes aanneem dat elkeen se gewete hom of haar in God se teenwoordigheid veroordeel. Ek ken hierdie soort veroordeling. Ek het al met hierdie ervaringe in gebed geworstel. Die meeste van ons, ek ook, doen dan outomaties twee dinge sonder om dit eens agter te kom: Eerstens neem ek aan dat my gevoelens aan God se optrede gekoppel is. Wanneer ek veroordeling ervaar, voel ek dis God wat my veroordeel. Tweedens, in plaas daarvan om dit na God te bring en te vertrou dat ek in hierdie situasies slegs in Christus hoop kan beleef, draai ek teen myself. Ek neem aan dat my gebed nie "goed" was nie, dat ek nie dikwels genoeg gebid het nie, of dat ek nie reg geleef het nie. Ek vergeet dat God reeds weet dat ek nie weet hoe om te bid nie en dat Hy namens my bid. 

Kyk waar Johannes se hoop in so 'n geval vandaan kom. God is magtiger. God weet alles. God ken jou hart. Johannes weet dat jou hart 'n wil van sy eie het en dat hierdie dinge jou nie van God vertel nie. Daarom herinner Johannes jou dat wanneer jou hart jou veroordeel, God groter as jou hart is en dan draai Hy jou terug na Hom toe. Johannes help jou om te onthou dat God alles weet — selfs van al jou sonde — en Hy roep jou na Hom toe as gevolg van wat Hy reeds vir jou gedoen het. Dit is waarom gebed altyd in geloof plaasvind. Ons moet die waarheid hoor en dan in hierdie waarheid leef. 

Waarmee sukkel jy in gebed? Wat het jy al, terwyl jy bid, in jou hart gehoor en aangeneem dit kom van God af? Hoe kan jy weet dat God in hierdie situasies magtiger is? 

Aangaande hierdie leesplan

Where Prayer Becomes Real

Gebed kan soms na 'n baie eensame ervaring voel. Ek probeer dikwels terwyl ek bid om in my hart en siel stil te word, maar my gedagtes jaag in alle rigtings. Soms raak ek sommer net aan die slaap. Daar is tye wanneer dit voel asof my gebede van die plafon af terugbons. Wat ons dikwels nie besef nie, is dat die Here juis in hierdie omstandighede vir ons goeie nuus bied. Kom ons ruim tyd in om oor die goeie nuus van gebed na te dink.

More

Ons wil graag Baker Publishing vir die verskaffing van hierdie leesplan bedank. Vir meer inligting, besoek asseblief: https://bakerbookhouse.com/products/235866