Egskeiding tot Genesing: 31 Dae van Genesing en HeelwordingVoorbeeld

Divorce To Healing: 31 Days Of Healing And Wholeness

DAG 8 VAN 31

"Perspektief"

Het jy al ooit 'n dag beleef wanneer jy gewonder het waarom die een af ander ding veroorsaak het dat jy beheer verloor het? Hoekom kan 'n 11-jarige dogter nie onthou om haar kosblik te vat as sy uit die kar uitklim nie? Dit sou verhoed dat ek moes terugry skool toe en so my hele dag ontwrig.

Ja, dinge gebeur. Wanneer dit by die huwelik en egskeiding kom, het ons gewoonlik meer vrae as antwoorde. So baie gebeur dat dit wil voorkom asof ons in 'n toestand van voortdurende hartseer leef. Jy sal nooit al jou vrae beantwoord kry nie, daarom moet ons gesels.
Het jy al ooit na 'n baie hoë punt, soos 'n bergkruin of uitkykpunt geklim? Die uitsig is ongelooflik. Jy kan in alle rigtings sien, tot by die ronding van die aarde. Alles daar onder lyk so klein.

Net so kry al ons vrae, pyne, emosies en stres 'n ander perspektief, wat jou toelaat om te herfokus op wat regtig belangrik is in die lewe. Dit gee jou 'n kans om dinge vanuit verskillende hoeke te beskou en gee jou 'n nuwe perspektief.

Beteken dit dan dat alles wat jy daar onder sien verander het? Glad nie. Dit lyk net anders.

Beteken dit dat die dinge waarmee jy worstel, verander? Nee, maar hoe jy daarna kyk, verander. Dit stel jou in staat om ander maniere raak te sien om dit te hanteer.

Deur ander toe te laat om in jou lewe te spreek en om God se Woord toe te laat om jou ander oë te gee, laat jou toe om dinge in jouself te sien wat jou sterker maak, wat op sy beurt 'n verandering teweeg bring in jou benadering tot genesing.

Gebed
Vader, help my om my stryd en struikelblokke deur u oë te sien en gee my 'n hart wat gewillig is om u perspektief in alle areas van my lewe te vind. In Jesus se Naam. Amen.
Dag 7Dag 9

Aangaande hierdie leesplan

Divorce To Healing: 31 Days Of Healing And Wholeness

As dit by egskeiding kom, is God verreweg die enigste antwoord om volkome genesing te bereik. Deur hierdie leesplan deur te gaan, sal jy nader aan God beweeg, terwyl jy wysheid sal bekom oor hoe om jou emosies en gevoelens te hanteer gedurende hierdie vreeslike moeilike tyd. Sou jy kies om die 31 dae te herhaal, sal jy jou vordering kan opmerk, terwyl God verder aanhou om jou wonde te genees en jou beter berusting te laat vind.

More

Baie dankie aan Brent D Papineau wat hierdie leesplan verskaf het. Vir meer inligting, besoek: http://divorcetohealing.blog