Egskeiding tot Genesing: 31 Dae van Genesing en HeelwordingVoorbeeld
"Eensaamheid"
Mense wat van nature alleenlopers is, mag dalk wonder wat die probleem is, tog het ons almal die behoefte aan gemeenskap en om te behoort, want so word ons emosies en gevoelens beheer.
God het ons geskape om deel van mekaar se lewens te wees. Hy het ons geskape om in gemeenskap met almal om ons te lewe sodat ons liefde kan gee en ontvang. So wonderlik as wat Adam was, was hy nie voltooid totdat Eva opgedaag het nie.
Dit is swaar om in eensaamheid te lewe, regtig moeilik. Dit maak seer en veroorsaak dat ons ons motiewe heeltyd heroorweeg. Ons word gedryf om dinge uit desperaatheid te doen. Dit word ook dikwels misverstaan.
Om eensaam te wees en om alleen te wees is twee HEELTEMAL verskillende dinge. Om alleen te wees, beteken dat niemand op die oomblik by jou is nie. Om eensaam te wees, beteken om met niemand 'n verbintenis te hê nie. Hoeveel keer was jy al in 'n kamer vol mense, maar het tog alleen gevoel? Dit is eensaamheid, nie alleenheid nie.
Die stryd teen eensaamheid behels om te leer om in verbinding met mense te bly, veral dié wat jou met lewenswysheid bemoedig. Oorwin eensaamheid deur een foonoproep en een ontmoeting op 'n slag. Maak tyd vir ander sodat hulle jou kan bemoedig en saam met jou tyd kan deurbring en so jou eensaamheid beveg.
Jy is nooit alleen nie. God is altyd by jou!! Indien jy jouself ooit moet bemoedig, herhaal wat God vir jou op jou donkerste tyd geopenbaar het – "Jy en Jesus stap saam vorentoe!!" Jy kan nêrens gaan waar God nie alreeds is nie. Hy wag vir jou.
Gebed
Vader, help my om elke dag te besef hoe wonderlik dit is om U altyd langs my te hê, asook ander mense wat my kom bystaan. In Jesus se Naam. Amen.

Skrif
Aangaande hierdie leesplan
As dit by egskeiding kom, is God verreweg die enigste antwoord om volkome genesing te bereik. Deur hierdie leesplan deur te gaan, sal jy nader aan God beweeg, terwyl jy wysheid sal bekom oor hoe om jou emosies en gevoelens te hanteer gedurende hierdie vreeslike moeilike tyd. Sou jy kies om die 31 dae te herhaal, sal jy jou vordering kan opmerk, terwyl God verder aanhou om jou wonde te genees en jou beter berusting te laat vind.
More
Baie dankie aan Brent D Papineau wat hierdie leesplan verskaf het. Vir meer inligting, besoek: http://divorcetohealing.blog