Egskeiding tot Genesing: 31 Dae van Genesing en HeelwordingVoorbeeld

Divorce To Healing: 31 Days Of Healing And Wholeness

DAG 10 VAN 31

"Vergifnis"

"Regtig? regtig…?…?.. Dit is die laaste ding waaraan jy dink. Dat ________ (persoon) geen verdere tyd of gedagte verdien nie. Hulle kan in hulle peetjies gaan vir al wat jy omgee. Wel, miskien nie……"

Daar kom 'n tyd wanneer dinge skeefloop. Jy mag of mag nie gereed wees om te vergewe nie, afhangende van waar jy jouself in die genesingsproses bevind. Dit is absoluut in orde!!

Vergifnis is slegs 'n persoonlike saak tussen jou en God. Die enigste rol wat die ander persoon hierin speel, is dat hy/sy die oorsaak is, tog het hulle niks daarmee te doen of jy hulle vergewe of nie.

Vergifnis is 'n keuse, net soos liefde. Dit is nie 'n gevoel nie. Net jy kan kies om te vergewe, ter wille van jou eie gesondheid en jou verhouding met God.
Om nie te vergewe nie, is soos om gif te drink en dan verwag die ánder persoon moet doodgaan.

Om iemand te vergewe vir die verkeerde ding en die seer wat jou aangedoen is, beteken nie dat wat hulle gedoen het, reg was nie. Dit beteken nie dat dit nie saak maak of dat dinge beter sal word nie. Dit beteken nie dat vergifnis verdien word of dat dit tyd was om te vergewe nie. Vergifnis beteken nie dat jy vergeet het nie. Ons is net mense, nie God nie.

Om te kies om te vergewe, is soos om God toestemming te gee om die verbande van die wonde van jou hart te verwyder, sodat Hy die wond kan skoonmaak en begin om dit te genees.

Gebed
Vader, vandag kies ek om (_______) te vergewe vir (_______). Ek lê dit aan die voet van die kruis neer en vra U om elke deel van my wat gewond is, te genees. In die Naam van Jesus. Amen.
Dag 9Dag 11

Aangaande hierdie leesplan

Divorce To Healing: 31 Days Of Healing And Wholeness

As dit by egskeiding kom, is God verreweg die enigste antwoord om volkome genesing te bereik. Deur hierdie leesplan deur te gaan, sal jy nader aan God beweeg, terwyl jy wysheid sal bekom oor hoe om jou emosies en gevoelens te hanteer gedurende hierdie vreeslike moeilike tyd. Sou jy kies om die 31 dae te herhaal, sal jy jou vordering kan opmerk, terwyl God verder aanhou om jou wonde te genees en jou beter berusting te laat vind.

More

Baie dankie aan Brent D Papineau wat hierdie leesplan verskaf het. Vir meer inligting, besoek: http://divorcetohealing.blog