Pragtige SwangerskapVoorbeeld
![Beautiful Pregnancy](/_next/image?url=https%3A%2F%2Fimageproxy.youversionapi.com%2Fhttps%3A%2F%2Fs3.amazonaws.com%2Fyvplans%2F2421%2F1280x720.jpg&w=3840&q=75)
"Moederskap roep!"
Ek glo moederskap is nie iets waarin jy gedwing kan word nie — dit is 'n roeping. Hoe gouer jy dit besef, hoe gouer sal jy ook kan verstaan dat kinders nie 'n las is nie, maar 'n seën. Dit is sonder twyfel nie 'n maklike roeping nie, maar dis hier waar jy op God se genade, eerder as jou eie krag moet staatmaak.
Dit is so hartseer om te sien hoeveel pessimisme met swangerskap en ouerskap gepaardgaan. Ons hoor dikwels kommentare soos: "kinders bind 'n ma"; "maak inbreuk op jou loopbaan" en "beperk jou vryheid". Nietemin sê die Woord van God duidelik: "Kinders is 'n wonderlike geskenk van die Here ..." (Psalm 127:3 DB), en God se opdrag aan ons is: "Maar júlle moet vrugbaar wees en baie word ..." (Genesis 9:7).
Trouens, ek glo een hoofdoel waarom God die vrou geskep het, is om die rol van moeder te vervul en Hom in daardie rol te weerspieël. Tog streef die Satan voortdurend daarna om daardie doel te steel. Hy sê vir die vrou: "Dit is ideaal om 'n graad te verwerf sodat jy met jou eweknieë kan kompeteer en 'n miljoen rand verdien. Dit is goed om 'n eggenote en Ma te wees, maar dit kan nog 'n rukkie wag. Jy wil tog seker nie jouself daarmee identifiseer nie, of hoe?"
Die vernaamste Goddelike taak wat saamgaan met kinders grootmaak, is om "aan jouself te sterf". Kom ek verduidelik. Getroude paartjies verontagsaam maklik die "verantwoordelikheid" wat kinders meebring, omdat dit hulle sogenaamde vrye tyd beperk. Moederskap leer jou egter van opoffering. In ons kultuur van selfbevrediging, klink dit soos 'n mite om onselfsugtige moederskap te aanvaar! Die wêreld haat dit om selfs van opoffering melding te maak. Om dit te vermy, het miljoene vroue moordenaresse geword.
Die wêreld sal dit waarskynlik nooit verstaan nie, want dit is altyd op die uitkyk na "wat kry ek daaruit?" Dit is hoekom hulle so vinnig weghardloop van enigiets wat hul vryheid beperk.
Vir diegene wat in Christus is, begin en eindig die vraag met God — hoe kan ek meer van Jesus en minder van myself hê? Hoe kan God verheerlik word? Ons gesinne en huwelike bestaan nie ter wille van ons nie, maar vir Hom.
Aanvaar dus moederskap.
Dit is 'n wonderlike manier om die eie ek te kruisig. God is immers in dieselfde bedryf om ons te herskep en ons in ooreenstemming met die ewebeeld van sy Seun te bring.

Aangaande hierdie leesplan
![Beautiful Pregnancy](/_next/image?url=https%3A%2F%2Fimageproxy.youversionapi.com%2Fhttps%3A%2F%2Fs3.amazonaws.com%2Fyvplans%2F2421%2F1280x720.jpg&w=3840&q=75)
Nege maande se swangerskap kan dikwels beelde van vrees, angs, pyn en lyding oproep. Dit is egter glad nie hoe God dit bedoel het om te wees nie! God se plan met jou swangerskap is pragtig! Namate jy in hierdie leesplan delf, sal dit die leuens van die duiwel oor swangerskap ontbloot en jou geloof versterk wanneer jy God se perspektief oor swangerskap verstaan, soos dit in sy Woord uiteengesit word.
More
Ons wil graag vir Kim D'Souza bedank wat hierdie leesplan verskaf het. Vir meer inligting, besoek asseblief: https://bit.ly/beautifulpregnancynet