Pragtige SwangerskapVoorbeeld

"Ons is nog nie daarop voorbereid nie"
Ek het al dikwels gesien hoe jong paartjies maande, soms selfs jare, daaraan wy om vir 'n kind te beplan. Sommige van die algemeenste redes wat hulle gee is: "Ons wil mekaar eers beter verstaan"; "Ons is nog nie gevestig nie"; "Ons is nog nie gereed nie". Tog dink ek, wanneer ons eers besluite met ons verstand of in ons vlees begin neem, tree God beleefd terug. Moenie my verkeerd verstaan nie. Ek bedoel nie julle moenie julle lewens beplan nie. Wat ek sê, is selfs wanneer julle trou, moet julle God se wil opsoek wat julle gesin betref en dan ontvanklik wees vir wat Hy sê, in plaas daarvan om blindelings 'n vasgestelde voorbeeld van die wêreld te volg. (Julle het mos 'n leeftyd saam om mekaar te leer ken, of hoe?) Ek glo nie Maria was voorbereid toe die engel van die Here die goeie nuus van die naderende swangerskap aan haar gebring het nie. Sy en Josef was verloof, en soos enige jong Jodin, het sy na haar huwelik uitgesien. Toe die engel van die Here die nuus aan haar gebring het, het sy in onmiddellike gehoorsaamheid gereageer deur te sê: "... Laat met my gebeur wat u gesê het ..." (Lukas 1:38). Kyk daarteenoor na Josef. Hy was ook nie voorbereid nie — hy het 'n onbelangrike werk as timmerman met bykans geen spaargeld gehad, om die Seun van God groot te maak! Hy het egter ook gekies om, in gehoorsaamheid aan God, vir Maria as sy vrou te neem. In hul onoortreflike gehoorsaamheid aan God, het hulle 'n seën ontvang wat geen ander paartjie hulle sedertdien kon nadoen nie! Ons mag dalk nie al God se planne vir ons verstaan nie, maar ons weet dat sy planne altyd vir ons ten goede meewerk. God se aandeel is reeds beplan. Ons aandeel is om ons daaraan te onderwerp, en onderweg berei Hy ons voor! Is God besig om met julle as 'n paartjie oor swangerskap te praat? Lyk dit moeilik om te hanteer? Is julle te bekommerd oor wat mense sal sê? Vertrou op God wat jou gesin betref, want as daar een ding is waarop ons gedurende swangerskap en ouerskap kan staatmaak, is dit beslis nie jóú voorbereiding nie, maar sy genade.
Aangaande hierdie leesplan

Nege maande se swangerskap kan dikwels beelde van vrees, angs, pyn en lyding oproep. Dit is egter glad nie hoe God dit bedoel het om te wees nie! God se plan met jou swangerskap is pragtig! Namate jy in hierdie leesplan delf, sal dit die leuens van die duiwel oor swangerskap ontbloot en jou geloof versterk wanneer jy God se perspektief oor swangerskap verstaan, soos dit in sy Woord uiteengesit word.
More
Verwante Leesplanne

Terugkeer na God: 21 Dae van Vas en Gebed

Staan weer op

Mosaiek Lydenstydgids: Jesus se vrae in lyding

Delf dieper deur Romeine

Ek Kán My Wêreld Verander Deur My Storie

Sy Glorie, My Storie: 'n Studie Van Sy Heerlikheid in Hebreërs

Die Kosbare Geskenk Van Vergifnis

Ervaar jy die volheid van die Heilige Gees?

Voltydse Volharding
