Pragtige SwangerskapVoorbeeld

Beautiful Pregnancy

DAG 7 VAN 9

"Krag in wat jy sê"

Die Bybel sê: "Die tong het mag oor dood en lewe ..." (Spreuke 18:21). God het met sy woorde die heelal tot stand gebring, en net so kan jy deur jou woorde die wêreld om jou "skep". Trouens, as daar iets is wat ons kan verhoed om ons Godgegewe bestemming te bereik, is dit ons woorde.

Watter soort woorde moet ons dan gebruik? Woorde wat op menslike wysheid en vlees gevestig is, eerder as wat die Gees van God sê?

Die Bybel noem dit "ydel woorde" of "leë woorde". 'n Ydel of leë woord bevat geen waarde nie, aangesien dit "waardeloos" is. As jou woorde negatief of vol twyfel is, is hulle eintlik leë woorde omdat hulle die waarde van Jesus se oorwinning aan die kruis verwerp.

Om die waarheid te sê, God is so ernstig oor wat jy sê, dat die Bybel ons waarsku ons sal eendag daaroor rekenskap voor Hom moet gee!

Hieronder is sommige woorde wat ons dikwels by vroue ten opsigte van hul swangerskappe hoor:

Ek kan hierdie swangerskap nie langer verduur nie.
Ek het 'n familiegeskiedenis van miskrame.
Elke oggend as ek opstaan, voel ek so sleg.
Ek dink nie ek sal ooit weer swanger raak nie!
Ek kan nooit lekker slaap nie.
Ek is elke oggend naar.
Daar is geen einde aan hierdie lys nie.

Wanneer jy egter positiewe dinge sê, word daar bonatuurlike krag vrygestel om dit 'n werklikheid te maak. Net so, wanneer jou woorde nie in ooreenstemming is met wat God sê nie, word die kragte van die duisternis vrygelaat en dra dit sy vrug.

Dus, ongeag hoe jy voel, moet jy positiewe bevestigings uit die Woord van God bely en jy sal binnekort positiewe resultate begin sien!

Sê woorde soos:
1. "... Prys die Here!" (Psalm 150:6), want ek geniet my swangerskap.
2. "Nou sal ek onbesorg gaan lê en dadelik aan die slaap raak ..." (Psalm 4:9).
3. "... daar is geen einde aan sy [die Here] se ontferming nie, dis is elke môre nuut ..." (Klaagliedere 3:22-23). Ek voel fris en gesond.
4. Ek is gesond en swanger, ongeag wat die dokter sê, want "... deur sý wonde het daar vir ons genesing gekom" (Jesaja 53:5b).
5. "Julle, daarenteen, is 'n uitverkore volk, 'n koninklike priesterdom, 'n nasie wat vir God afgesonder is ..." (1 Petrus 2:9), daarom is ek uitverkore, geseënd en geniet God se guns ten opsigte van my swangerskap.
6. Ek is gesond, omdat ek "... by die Allerhoogste skuiling vind en die beskerming van die Almagtige geniet" (Psalm 91:1).

Dag 6Dag 8

Aangaande hierdie leesplan

Beautiful Pregnancy

Nege maande se swangerskap kan dikwels beelde van vrees, angs, pyn en lyding oproep. Dit is egter glad nie hoe God dit bedoel het om te wees nie! God se plan met jou swangerskap is pragtig! Namate jy in hierdie leesplan delf, sal dit die leuens van die duiwel oor swangerskap ontbloot en jou geloof versterk wanneer jy God se perspektief oor swangerskap verstaan, soos dit in sy Woord uiteengesit word.

More

Ons wil graag vir Kim D'Souza bedank wat hierdie leesplan verskaf het. Vir meer inligting, besoek asseblief: https://bit.ly/beautifulpregnancynet