Pragtige SwangerskapVoorbeeld

Beautiful Pregnancy

DAG 8 VAN 9

"Elke kind kom met sy eie voorsiening!"

Daar word deesdae al hoe meer druk op paartjies geplaas om swangerskap uit te stel, of selfs by tye, om geen kinders te hê nie. Die grootste druk kom vanuit finansiële oorwegings. Baie jong paartjies is bekommerd oor hoe die geboorte van 'n kind hulle finansieel sal affekteer. Om huidige lewensstandaard te handhaaf en te oorleef, blyk geweldige druk te wees om te hanteer. Tog sê die Woord van God "Kinders is 'n wonderlike gekenk van die Here ..." (Psalm 127:3 DB).

'n "Geskenk" verwys na 'n "prys" of "seën". Nêrens verwys die Woord van God na kinders as 'n oorlas of 'n lastige verantwoordelikheid om onder gebuk te gaan nie.

In Genesis 20, die hoofstuk wat Isak se geboorte voorafgaan, lees ons hoe God agter die skerms te werk gaan en vir Abimelek, die koning van Gerar, gebruik om vir Abraham met grond, skape, vee, slawe en duisend stukke silwer te seën. Sjoe! Selfs voor Isak nog gebore is, gebruik God op bonatuurlike wyse 'n heidense koning om vir Abraham en Sara finansieel te voorsien.

Vanuit 'n historiese perspektief, was Josef en Maria ook nie juis welaf voor Jesus se geboorte nie. Met sy geboorte het hulle egter duur geskenke uit die skatkiste van die sterrekykers ontvang — goud, wierook en mirre.

Finansies is dus een gebied wat die duiwel gebruik om getroude paartjies mee te mislei. Sodoende word hulle van die vreugde ontneem om kinders te hê, want hulle is meer bekommerd oor die uitgawes wat hulle sal moet aangaan. Jesus vra ons egter om ons nie te bekommer nie. As Hy die wilde voëls in die lug voed, hoeveel te meer sal Hy nie na die behoeftes van jou baba omsien nie!

Jy hoef dus nie bekommerd te wees oor jou finansies na die geboorte van jou kind nie, want elke kind kom met sy eie voorsiening!

Dit in ag genome, is dit belangrik dat julle as 'n paartjie, wannneer daar 'n baba op pad is, vir die dae beplan wat voorlê. Die Bybel sê ons moet na die miere kyk en by hulle leer. In die somer en oestyd versamel hulle voedsel en maak hulle hul kosvoorraad gereed vir die dae wat kom.

Julle kan hierdie enkele maatreëls nakom: verminder alle onnodige uitgawes sodat julle maandeliks meer kan spaar; probeer om alle skuld te delg; beplan goeie beleggings wat die heersende inflasiekoers kan dek, ens. Raak ook doelbewus in wat jy saai — dit sal regtig wys waar jou vertroue lê!
Dag 7Dag 9

Aangaande hierdie leesplan

Beautiful Pregnancy

Nege maande se swangerskap kan dikwels beelde van vrees, angs, pyn en lyding oproep. Dit is egter glad nie hoe God dit bedoel het om te wees nie! God se plan met jou swangerskap is pragtig! Namate jy in hierdie leesplan delf, sal dit die leuens van die duiwel oor swangerskap ontbloot en jou geloof versterk wanneer jy God se perspektief oor swangerskap verstaan, soos dit in sy Woord uiteengesit word.

More

Ons wil graag vir Kim D'Souza bedank wat hierdie leesplan verskaf het. Vir meer inligting, besoek asseblief: https://bit.ly/beautifulpregnancynet