Pragtige SwangerskapVoorbeeld
"Om Angs en Vrees te Oorkom"
Swanger vroue is geneig om baie navorsing te doen oor die dinge wat vir hulle voorlê. Dit is goed om op hoogte te wees met die veranderinge wat jy in jou liggaam kan verwag, maar as daardie inligting onnodige angs veroorsaak, weet dan dat die saad van kommer wag om in jou lewe wortel te skiet.
Die beste wyse waarop jy die toevloei van inligting uit boeke en mense om jou kan hanteer, is om elke wêreldse woord op te weeg teen en te troef met die Woord van God. Soek vir elke rede tot kommer uit die wêreld, na wat God in sy Woord daaroor sê.
Kom ek verduidelik. Met my swangerskap, het ek aan die linkerkant van 'n witbord alles neergeskryf wat my bekommer (Wat as my baba abnormaal is? Ek kan nie aanvoel of my baba beweeg nie, ens. — dit het voorgekom of hierdie lys eindeloos was). Aan die regterkant het ek net drie woorde geskryf: "God is goed". Daardie waarheid uit die Woord van God was meer as genoeg om alles te verwerp of te kanselleer wat ek aan die linkerkant geskryf het!
Soms laat ons die gees van vrees toe om in die klein dingetjies van die lewe in ons lewens wortel te skiet. Die duiwel begin aanvanklik om 'n saadjie vir 'n verkeerde gedagte te saai. Ons vererger hierdie vrese wanneer ons oor die gedagtes tob en dit bepeins. Daarom is dit belangrik om daardie vrese met die Woord van God te besweer voordat hulle vestings in ons lewens word.
Jy kan nie die wêreld se ontmoedigende en negatiewe woorde van vrees oor jou lewe keer nie; tog kan jy elke gedagte wat nie uit die Woord van God kom nie, "... gevange [neem] om dit aan Christus gehoorsaam te maak" (2 Korintiërs 10:5b).
As gevolg van hormonale en gemoedsveranderinge, kan spanning en emosionele uitbarstings algemeen gedurende swangerskappe voorkom. God het ons egter oor alles gesag gegee en dit sluit ook ons emosies in. Gesag smeek, pleit of vra nie; gesag gee 'n opdrag! Jy moet dus aan jou emosies opdrag gee om volgens die Woord van God te reageer.
God wil hê ons moet ons lewens in vryheid en met gesag leef. Bowenal, moet jy onthou dat jy as kind van God nooit alleen is nie. Jesus het belowe: "... Ek sal jou nooit verlaat nie, jou nooit in die steek laat nie" (Hebreërs 13:5b).
Waarvoor is jy bang of waaroor bekommer jy jou? Onthou die Woord van God is die regte teenmiddel!

Aangaande hierdie leesplan
Nege maande se swangerskap kan dikwels beelde van vrees, angs, pyn en lyding oproep. Dit is egter glad nie hoe God dit bedoel het om te wees nie! God se plan met jou swangerskap is pragtig! Namate jy in hierdie leesplan delf, sal dit die leuens van die duiwel oor swangerskap ontbloot en jou geloof versterk wanneer jy God se perspektief oor swangerskap verstaan, soos dit in sy Woord uiteengesit word.
More
Ons wil graag vir Kim D'Souza bedank wat hierdie leesplan verskaf het. Vir meer inligting, besoek asseblief: https://bit.ly/beautifulpregnancynet