In gesprek met my HereVoorbeeld
Wagtyd
Dawid is hier bereid om te wag vir God se antwoord. Terwyl Jesus op aarde was, is daar telkens strikvrae aan Hom gevra, en het Hy net drie keer ’n direkte antwoord op hierdie vrae gegee. Die res van die kere het Hy met ’n teenvraag, ’n gelykenis of ’n voorbeeld waaruit die antwoord afgelei kon word, reageer. Hy wou hê dat mense sélf die regte antwoorde moes uitwerk deur die riglyne te gebruik waarvolgens Hy geleef het en die lesse aan te wend wat Hy hulle geleer het.
Hy beskou dié tye wanneer hy persoonlik sukkel om te bid en dit vir hom voel asof die Here nie na hom luister nie, as wagtye, sê Philip Yancey in Prayer. Ons almal is immers gewillig om dikwels te wag — in ’n tou in die poskantoor of winkelsentrum of op lughawens wanneer ’n vliegtuig vertraag is. As God weer talm om jou gebede te beantwoord, behoort jy soos die psalmdigter gewillig te wees om op sy antwoord te wag. Hy sal op sy regte tyd vir jou presies die regte antwoord gee.
Hemelse Vader, ek is jammer dat ek soms so ongeduldig is wanneer U nie dadelik op my gebede reageer nie. Maak my gewillig om op u antwoorde te wag. Amen.
Hierdie oordenkings is saamgestel uit ’N LEWE NABY GOD deur Nina Smit © Christelike Uitgewersmaatskappy.
Aangaande hierdie leesplan
Al sukkel jy om die regte woorde te vind en al wonder jy of jou gebede ooit help, is gebed iets waarmee jy erns móét maak. Nina Smit word in 15 oordenkings saam met jou stil om dié belangrike onderwerp en sorg vir ’n positiewe inspuiting vir jou gebedslewe! Hierdie leesplan is saamgestel uit ’N LEWE NABY GOD deur Nina Smit.
More
Ons wil graag Christian Art Publishers bedank vir die verskaffing van hierdie plan. Vir meer inligting, besoek asseblief: https://cumbooks.co.za