In gesprek met my HereVoorbeeld

In gesprek met my Here

DAG 12 VAN 15

As gelowiges saambid

Dit is nie vir alle mense ewe maklik om voor ander te bid nie. Dis nie nodig om so te stres as jy voor ander moet bid nie, skryf Rosalind Rinker in haar boek Communicating love through prayer

Daar is ’n formule van vier punte wat jy kan toepas:

1. Jesus is hier (Matt. 18:19-20).

2. Help my, Here (Jak. 5:13-16).

3. Dankie Here (Fil. 4:4-7).

4. Help my broer (Mark. 11:22-25).

Wanneer jy weer gevra word om in die openbaar te bid, fokus op die feit dat Jesus self teenwoordig is en dat Hy onderneem om jou gebedsversoeke te hoor en te verhoor. Maak dan jou behoeftes aan Hom bekend, sê vir Hom dankie en tree vir ander in. Met hierdie formule kan jy nie verkeerd gaan nie.

Here Jesus, maak my kalm en bewus van u teenwoordigheid wanneer ek voor ander moet bid sodat ek met vrymoedigheid en sonder vrees met U kan praat. Amen.

Dag 11Dag 13

Aangaande hierdie leesplan

In gesprek met my Here

Al sukkel jy om die regte woorde te vind en al wonder jy of jou gebede ooit help, is gebed iets waarmee jy erns móét maak. Nina Smit word in 15 oordenkings saam met jou stil om dié belangrike onderwerp en sorg vir ’n positiewe inspuiting vir jou gebedslewe! Hierdie leesplan is saamgestel uit ’N LEWE NABY GOD deur Nina Smit.

More

Ons wil graag Christian Art Publishers bedank vir die verskaffing van hierdie plan. Vir meer inligting, besoek asseblief:  https://cumbooks.co.za