In gesprek met my HereVoorbeeld
Dissipline en gebed
Hoe meer tyd jy aan gebed afstaan, hoe makliker gaan jy dit regkry, hoe natuurliker sal dit vir jou word om met God te praat. Maar vir gebed is daar dissipline nodig. Jý is die persoon wat ekstra tyd sal moet inruim vir gebed; wat vir jou ’n spesiale tyd en plek sal moet vasstel wanneer jy ongehinderd met God kan praat.
Selfs wanneer jy dit gedoen het, sal jy heel waarskynlik nog soms sukkel om die regte woorde te kry waarmee jy God kan verheerlik, waarmee jy vir Hom dankie kan sê en waarmee jy jou gebedsversoeke aan Hom hoorbaar kan maak. In sy boek Prayer vertel Philip Yancey dat hy dit een keer vir ’n jaar lank nie kon regkry om te bid nie. Hy het toe doodeenvoudig gebede uit ’n gebedeboek gelees en die Here gevra om dit as sy eie gebede te aanvaar.
As jy sukkel om te bid, neem gerus ’n gedeelte van jou Bybel en sê dit terug aan die Here. Vra dat God self jou sal help om te bid, dat Hy vir jou die regte woorde sal gee om met Hom te kommunikeer en glo dan dat Hy na jou luister, ook al vóél dit nie vir jou so nie.
Vader, ek wil graag ekstra tyd inruim vir gebed. Gee asseblief vir my die regte woorde waarmee ek met U kan praat. Dankie dat ek seker weet dat U na elke woord luister. Amen.
Skrif
Aangaande hierdie leesplan
Al sukkel jy om die regte woorde te vind en al wonder jy of jou gebede ooit help, is gebed iets waarmee jy erns móét maak. Nina Smit word in 15 oordenkings saam met jou stil om dié belangrike onderwerp en sorg vir ’n positiewe inspuiting vir jou gebedslewe! Hierdie leesplan is saamgestel uit ’N LEWE NABY GOD deur Nina Smit.
More
Ons wil graag Christian Art Publishers bedank vir die verskaffing van hierdie plan. Vir meer inligting, besoek asseblief: https://cumbooks.co.za