Hoe Om Saam Met Jou Gesin te LeefVoorbeeld
Doen Jou Deel
Net omdat jy jonk is, beteken dit nie dat jy nie 'n positiewe rol in jou gesin kan speel nie. Vandag se vers uit 1 Timoteus sê dat niemand minder van jou moet dink as gevolg van jou ouderdom nie. Dan gaan dit voort om te sê jy moet 'n voorbeeld wees. Dis al! Leef jou lewe op só 'n manier dat jy 'n voorbeeld vir ander is.
Jy kan 'n goeie voorbeeld vir jou broers en susters wees. Wys hulle hoe om mekaar lief te hê en vir mekaar om te gee. Wys hulle hoe dit lyk om 'n goeie lid van jou gesin te wees deur jou ouers by te staan. Jy kan selfs 'n voorbeeld vir jou ouers stel deur na hulle te luister en hulle te help wanneer hulle jou nodig het. Hulle sal oplet dat jy anders optree.
Jy kan dinge in jou gesin verander. As daar moeilike situasies is, probeer om uit te vind wat jy kan doen om dinge 'n bietjie makliker te maak. As jy kan sien dat jou ouers gespanne is, moet jy kyk wat jy kan doen om hulle te help en te dien. As jou broers of susters 'n moeilike tyd beleef, wees daar vir hulle en luister na hulle. Gee raad as hulle dit wil hê.
Jy kan 'n positiewe invloed op jou gesin wees. Met verloop van tyd sal jy agterkom dat dinge anders is as gevolg van jou optrede en gedrag. As jy verkies om te baklei, te stry en nie te luister nie, of in woedebuie uit te bars, gaan jou gesinslewe moeilik wees. As jy egter verkies om lief te hê, te leer, te lag, te luister, te dien en te lei, gaan jy 'n wonderlike impak op jou gesin hê.
Lees vandag weer die vers in 1 Timoteus 4:12. Probeer verstaan hoe jou woorde, jou gedrag, die manier waarop jy ander liefhet en jou geloof 'n voorbeeld vir jou gesin kan wees. Lees nou weer die laaste paragraaf van Josua 24:15. Laat dit jou gesin se leuse wees. Jy en jou huisgesin kan die Here dien.
Aangaande hierdie leesplan
Ons almal het familie van een of ander aard. Ons gesinne verander en vorm ons meer as wat ons ooit kan weet. Hierdie ses-dag leesplan sal jou wys hoe jy gelukkig kan lewe saam met die gesin wat God jou gegee het.
More