Hoe Om Saam Met Jou Gesin te LeefVoorbeeld
Dinamika in Gesinne
Het jy broers en susters? Indien wel, is ek seker jou verhouding met jou broer of suster lyk een van twee maniere.
Een: julle kom baie goed oor die weg, of twee: julle baklei die hele tyd.
As jy met jou broers en susters en jou ouers oor die weg kom, dan is dit so goed! Indien nie, moet jy die volgende weet: wanneer ons met ons broers of susters of ouers baklei of stry, veroorsaak dit verwydering van mekaar. Dit kan veroorsaak dat daardie verhouding skipbreuk ly, en dit is hoe gesinne van mekaar af wegdryf.
Vriende sal kom en gaan, die lewe sal moeilik word, dinge sal verander, maar jou gesin sal bly. Dit kan moeilik wees om dit nou te verstaan, maar jou broers en susters kan van jou beste vriende wees wanneer jy ouer word. Die dinge wat jou ouers vir jou sê, sal waarskynlik eendag baie sin maak.
Jy kan nie jou gesin kies nie, maar jy moet saam met hulle lewe. Jy moet besef dat God jou in daardie gesin geplaas het.
Wat kan jy dus doen met die gesin wat Hy jou gegee het? Hoe kan jy 'n positiewe rol daarin speel?
Aangaande hierdie leesplan
Ons almal het familie van een of ander aard. Ons gesinne verander en vorm ons meer as wat ons ooit kan weet. Hierdie ses-dag leesplan sal jou wys hoe jy gelukkig kan lewe saam met die gesin wat God jou gegee het.
More