Hoe Om Saam Met Jou Gesin te LeefVoorbeeld
Wil Jy Langer Leef?
Het jy die laaste gedeelte van vandag se Skriflesing verstaan? Kan jy werklik langer lewe as jy jou ouers eer?
Is hierdie vers deur 'n ouer geskryf wat probeer om die kinders uit te vang sodat hulle gehoorsaam sal wees? “Behandel my goed, en jy sal langer leef!”
Dit is nie 'n poets nie! Dit is God se gebod dat jy jou ouers moet eer.
As jong Christene is dit wat God vir julle wil hê. Om jou ouers te eer, beteken dat jy hulle moet respekteer, mooi met hulle moet praat, hulle moet gehoorsaam en nie met hulle stry nie.
Hierdie gebod kom met 'n belofte. As jy jou ouers gehoorsaam, sal dinge vir jou baie makliker in jou lewe wees.
Wanneer jy jou ouers eer en gehoorsaam, sal dit nie net omstandighede in jou gesin verander nie, maar dit sal jou ook verander.
Skrif
Aangaande hierdie leesplan
Ons almal het familie van een of ander aard. Ons gesinne verander en vorm ons meer as wat ons ooit kan weet. Hierdie ses-dag leesplan sal jou wys hoe jy gelukkig kan lewe saam met die gesin wat God jou gegee het.
More