Hoe Om Saam Met Jou Gesin te LeefVoorbeeld

How To Live With Your Family

DAG 3 VAN 6

God en Jou Ouers

God gee aan jou 'n gesin — jou ouers en broers en susters — om vir jou 'n voorbeeld te stel van hoe jou verhouding met Hom is en wie Hy vir jou is. Almal wil ouers hê wat vir hulle lief is en vir hulle omgee, ongeag wat gebeur. Dit is hoe God is. Hy het jou lief en gee baie vir jou om, meer as wat jy jou ooit kan voorstel.

Jou ouers probeer om in jou behoeftes te voorsien. God het reeds voorsien wat jy nodig het. Jou ouers help jou om te groei en vorm jou in die mens wat jy sal word, maar uiteindelik sal God jou laat groei en tot volwassenheid lei.

Wees egter daarvan bewus dat almal verskillende soorte ouers het en alhoewel jou ouers 'n voorbeeld van God is — is hulle nie God nie. God is soveel groter as enige verhouding wat jy hier op aarde het. Niks kan daarmee vergelyk word nie. God sal jou nooit in die steek laat, seermaak, verlaat of foute maak nie. Alle mense maak egter foute. Mense kan soms dinge deurmekaar krap. Soms sal selfs ouers chaos veroorsaak — op grootskaal.

Dus, alhoewel jou ouers goeie voorbeelde en weerspieëlings kan wees van wie God is, moet jy versigtig wees om God nie iemand te maak wat Hy nie is nie. Al het jou ouers soms slegte dae en is dalk kortaf met jou, het God nooit slegte dae nie. Soms sal jou ouers jou op kwetsende maniere dissiplineer. God sal jou nooit seermaak nie. God is volmaak en sy liefde is onfeilbaar.

Jy is God s'n. Jy behoort aan Hom. Hy het jou lief en sorg vir jou, en jy is sy kind.

God het jou ouers aan jou gegee om 'n voorbeeld van jou verhouding met Hom te wees. Jy kan baie oor God leer deur jou verhouding met jou ouers. Maar onthou: God is nie jou ouers nie. En jou ouers, wel, hulle is nie God nie.

Dag 2Dag 4

Aangaande hierdie leesplan

How To Live With Your Family

Ons almal het familie van een of ander aard. Ons gesinne verander en vorm ons meer as wat ons ooit kan weet. Hierdie ses-dag leesplan sal jou wys hoe jy gelukkig kan lewe saam met die gesin wat God jou gegee het.

More

Ons wil graag vir Switch, 'n bediening van Life.Church, bedank vir die verskaffing van hierdie leesplan. Vir meer inligting, besoek asseblief: www.life.church