Hoe Om Saam Met Jou Gesin te LeefVoorbeeld

How To Live With Your Family

DAG 4 VAN 6

Jou Gesin, Jou Toekoms

Vandag se Skriflesing is gerig op ouers oor hul kinders, maar wat jy daaruit kan neem, is die feit dat jy kan kies om die regte pad te volg, ongeag hoe jou gesin daar uitsien. Jy kan die een wees om te bepaal hoe jy nou teenoor ander optree en wie jy in die toekoms sal word.

Dink jy mense tree op vanuit hulle gesinne se omstandighede? Kom "slegte" kinders uit slegte gesinne en "goeie" kinders uit goeie gesinne?

Die antwoord is: net as dit so toegelaat word. Gesinne vorm jou wel, beide positief en negatief. Jý kies egter of daardie omstandighede sal bepaal hoe jy optree. As jy moeilike omstandighede by die huis het, het jy 'n keuse om te maak. Jy kan óf kies dat dit jou negatief beïnvloed óf om positiewe voorbeelde te vind van hoe om die mens te word wat God wil hê jy moet wees.

Soek dus die regte pad, die godvresende pad, sodat jy kan word wie God wil hê jy moet wees; en sodat jy sal voortgaan om die mens te wees wat Hy wil hê jy in die toekoms moet wees.

God het geweet wie jou gesin sou wees — selfs of dit goed of minder goed sou wees. Onthou, Hy sal jou gesin gebruik om jou die mens te help word wat Hy wil hê jy moet wees.

Dag 3Dag 5

Aangaande hierdie leesplan

How To Live With Your Family

Ons almal het familie van een of ander aard. Ons gesinne verander en vorm ons meer as wat ons ooit kan weet. Hierdie ses-dag leesplan sal jou wys hoe jy gelukkig kan lewe saam met die gesin wat God jou gegee het.

More

Ons wil graag vir Switch, 'n bediening van Life.Church, bedank vir die verskaffing van hierdie leesplan. Vir meer inligting, besoek asseblief: www.life.church