Hoe Om Gelukkig Te WeesVoorbeeld

How To Be Happy

DAG 5 VAN 7

Jou Emosies Affekteer Ander

Stel jou voor dat jy op die punt is om by die deur uit te loop. Jy het 'n nuwe hemp aan. Jy kry 'n blik op jouself in die spieël soos jy verby stap. Nie sleg nie! Lyk regtig goed vandag. Voel ook baie goed! Dit gaan 'n goeie dag wees.

Jy kom by die skool aan, vol selfvertroue, en ‘n terggees sê sarkasties: “Nuwe hemp?” gevolg deur 'n snork geluid, rol van die oë, en 'n groep ander wat lag en van jou af wegstap. Eina. Goeie bui weg.

Of stel jou dit voor. Jy het 'n aaklige dag gehad. Het 'n toets gedruip. Is uitgelag. Jou kop is seer. Jy het môre nog 'n toets, maar jy weet nog steeds nie eens wat om te studeer nie.

Dan kry jy 'n teks van jou vriend. “Jy het vandag bedruk gelyk. Moenie wees nie! Ek glo in jou. Hang uit later?” Beste. Teks. Ooit! Goor dag verby.

Emosies is kragtige, kragtige dinge. Dit kan 'n persoon maak of breek. Jou positiewe gesindheid en emosies kan lewegewend wees. Dit is aansteeklik! Jy kan regtig 'n groot verskil in iemand se lewe maak net deur te glimlag en jou vriendelikheid met hulle te deel.

Maar onthou, jou negatiewe en kwetsende emosies kan ook aansteeklik wees. Wanneer jy sarkasties, kwaad, hartseer, wat ook al, voel, vind 'n manier om hulp te vra. Wees versigtig dat jy nie die gemoedstoestand van almal om jou demp nie. Vind iemand wat vir jou ‘n vriendelike woord kan gee. Moenie die een wees om argumente aan te wakker nie. Wees die geduldige een wie se goedheid almal om jou kan kalmeer!

Dag 4Dag 6

Aangaande hierdie leesplan

How To Be Happy

As tieners is daar soveel emosies wat daagliks ervaar word. Om te ontdek hoe om alles te hanteer, kan 'n uitdaging wees. As jy gevoelens voel — enige gevoelens wat ook al — dan is hierdie leesplan vir jou.

More

Ons wil graag vir Switch, 'n bediening van Life.Church bedank, vir die verskaffing van hierdie leesplan. Vir meer inligting, besoek asb.: www.life.church