Hoe Om Gelukkig Te WeesVoorbeeld
Godgegewe Emosies
Kan jy jou voorstel om in 'n wêreld te leef met geen emosies nie? Aanvanklik kan jy dink: “Wonderlik! Geen vrees, geen bekommernis, geen seer, geen verleentheid. Dit sou perfek wees. Niks sal my ontstel nie!” Dink 'n egter bietjie verder daaroor. 'n Wêreld met geen emosie beteken ook geen gelag, geen geluk, geen glimlagte, geen drukkies, nie een van die goeie, ongelooflike menslike emosies wat ons voel nie.
God het ons gemaak om emosies te hê. Ongelukkig voel ons nie net goeie emosies nie, maar ook slegte emosies.
Dus, wat doen ons met al hierdie emosies? Eerstens moet ons besef dat emosies, selfs negatiewe emosies, nie 'n slegte ding is nie. God het immers ook emosies. Ons kan dwarsdeur die Bybel sien dat God vreugde, seer, deernis en soveel ander emosies voel. Tweedens, dit is wat jy doen met jou emosies wat tel.
Weet hierdie: God is diep besorg oor elke emosie wat jy het. Elke traan, elke lag, elke gevoel van vrees — God sien dit alles en wil daar wees vir jou om saam te vier in die gelag en jou hart te genees wanneer daar hartseer is.
Skrif
Aangaande hierdie leesplan
As tieners is daar soveel emosies wat daagliks ervaar word. Om te ontdek hoe om alles te hanteer, kan 'n uitdaging wees. As jy gevoelens voel — enige gevoelens wat ook al — dan is hierdie leesplan vir jou.
More