Leesplan inligting

Woorde wat Lewe GeeVoorbeeld

Speaking Life

DAG 2 VAN 6

Oordink Dit Waaraan Jy Dink


Daar is lewegewende krag in ons gedagtes. Ons gedagtes maak saak. Ons lees in Spreuke 23:7 (AFR53) "Want soos hy in sy siel bereken, so is hy ..." Ons gedagtes maak saak, want dis uit die oorvloed van ons gedagtes wat ons woorde voortvloei. Dis ons gedagtes en die neigings van ons harte wat bepaal wie ons werklik is. Hulle vorm ons gedagtegang, wat uiteindelik ons woorde, en dus ook ons dade bepaal. Wat ons sê maak saak, maar wat ons dink maak die meeste saak. Die Skrif vertel ons om te dink en selfs na te dink oor wat lofwaardig is. Belê ons daarin en gee ons voorkeur aan hierdie soort gehoorsaamheid?


Daar is al baie boeke geskryf wat ondersoek instel oor hoe ons woorde doodeenvoudig die draers van ons gedagtes en emosies is. Wat jy in jou denke toelaat, het 'n invloed op wat jy dink. Is dit 'n saak van "rommel wat ingaan is gelyk aan rommel wat uitgaan"? Indien dit die geval is, moet ons ons gedagtes as uiters belangrik beskou, veral omdat die gesondheid en welstand van ons lewens die neweproduk is. Ons vyand wil graag hê dat ons denke met allerlei rommel en ydele verbeeldingsvlugte gevul moet wees. 


Neuro-taalkundige programmering gee erkenning aan die fundamentele verbinding tussen die brein (neuro), ons gedagtes (taalkundig) wat as woorde uitgedruk word en ons innerlike en uiterlike gedragspatrone of dade (programmering). Die standpunt van hierdie denkrigting is dat die praktiese toepassing van ons denkbewustheid, met 'n positiewe lewensstyl geassosieer kan word.


Aangesien ons gekry het waarvoor ons gesoek het, moet ons werklik dink oor dit waarna ons kyk. Daar word 'n storie vertel van 'n aasvoël en 'n kolibrie wat oor dieselfde woestyn gevlieg het. Die aasvoël was op soek na iets wat dood en verrot is om te eet. Die aasvoël het dood en verrotting gekry. Daarteenoor, was die kolibrie op soek na iets wat lewe, soos die nektar van 'n blom. Die kolibrie het lewe gevind. Eintlik het albei gekry waarna hulle gesoek het. Wees dus uiters versigtig waarna jy soek, waaraan jy dink en wat jy toelaat om by die vensters van jou denke in te kom. Dit is uit die oorvloed van ons gedagtes, wat ons woorde vloei. 


In 2 Korintiërs 10:4-5 lees ons: "... ons vernietig die redenasies en elke hooghartige aanval wat teen die kennis van God gerig word. Ons neem elke gedagte gevange om dit aan Christus gehoorsaam te maak." Is dit moontlik om so te leef dat ons van ons gedagtes bewus kan bly en hulle gevange neem? God het die Heilige Gees aan ons gegee om ons te bemagtig om dit te kan doen. Om jou gedagtes gevange te neem beteken bloot dat jy beheer neem oor wat jy oor jouself en die lewe dink.


Wanneer ons nadink oor al ons seëninge, die karakter van ons liefdevolle God en Vader en al sy skoonheid in die natuur raaksien, dan lewe ons vanuit daardie vaste waarhede. Aan die anderkant, wanneer ons dink aan die dinge wat ons nie het nie en wat met die wêreld verkeerd is, sukkel ons met depressie en spanning. Daar is 'n stryd in jou denke. Jou lewe sal altyd neig in die rigting van jou oorheersende gedagtes. Dus moet jy jou denke en gedagtes met lewegewende waarheid bewapen!


Oordink:


Oorweeg jou gedagtes sorgvuldig deur die loop van die dag. Is hulle lewegewend en positief? Is hulle negatief? Watter insette bepaal daagliks jou gedagtes?


Gebed:


<1>Here, help my om bewus te bly van my gedagtes omdat hulle my woorde bepaal. Ek wil lewegewende gedagtes hê wat my tong na lewegewende woorde sal lei. Ek het u Woord van Waarheid nodig om in my gedagtes te heers. Help my om elke gedagte gevange te neem wat nie met u waarhede in pas is nie.


Dag 1Dag 3

Aangaande hierdie leesplan

Speaking Life

Woorde, woorde, woorde, kragtige woorde! Woorde wat opbou of woorde wat afbreek. Woorde wat lewe gee of woorde wat die dood bring. Die keuse is ons s'n. Kom ons beoordeel die betekenisvolle mag wat ons woorde inhou.

Ons dank gaan aan Roxanne Parks wat hierdie plan voorsien het. Vir meer inligting, besoek gerus: http://www.roxanneparks.com/home.html

YouVersion gebruik koekies om jou ervaring persoonlik te maak. Deur ons webwerf te gebruik, aanvaar jy ons gebruik van koekies soos beskryf in ons Privaatheidsbeleid