Jesus, Ons Alles. 'n Studie Van Hebreërs Voorbeeld

Jesus, Ons Alles. 'n Studie Van Hebreërs

DAG 10 VAN 43

Lees: Hebreërs 3:7–19

SOAP: Hebreërs 3:12-14

Broers, julle moet toesien dat daar nooit by een van julle 'n verkeerde gesindheid van ongeloof ontstaan en hy van die lewende God afvallig word nie. Maar solank daar nog 'n “vandag” is, moet julle mekaar elke dag aanspoor sodat niemand van julle deur die misleiding van die sonde verhard word nie. Ons behou deel aan Christus as ons end-uit volhard in die vertroue waarmee ons begin het.

Oordenking

Die skrywer van die boek Hebreërs het nog ‘n waarskuwing aan sy gehoor gegee: moet nie 'n verharde, ongelowige hart hê nie. Die geslag Israeliete wat uit Egipte uit slawerny weggevoer is, het hulle harte verhard as gevolg van ongeloof. Hulle het geweier om te glo dat God sou doen wat Hy gesê het Hy sou doen. Vanweë hul ongeloof het nie een van hulle, behalwe Josua en Kaleb, die beloofde land binne gegaan nie.

Die skrywer van die boek Hebreërs herinner sy gehoor daaraan dat hulle ook die gevaar loop om van God afvallig te word as gevolg van verharde, ongelowige harte. Ons is ook vandag vatbaar vir ongeloof wat daartoe kan lei dat ons van Christus afvallig raak. Ons moet mekaar bemoedig en voortdurend herinner aan God se getrouheid, in ons lewens asook in die verlede.

Ons is vennote met Christus wanneer ons sy gawe van verlossing aanvaar het. Ons moet volhard sodat ons in sy rus kan ingaan. Vir ons is dit 'n ewigheid met Hom. Ongeloof kan maklik insluip, maar deur aktief in die Christelike gemeenskap te bly en deur die opdragte van God getrou te gehoorsaam, sal ons volhard tot die einde. En meer nog, ons getrouheid is nie eens in ons eie hande nie. Ons kan rus in die vertroue dat Christus ons vir ewig by Hom verseker het toe ons ons geloof in Hom geplaas het.

Gebed

Here Jesus, weerhou my asseblief daarvan om 'n verharde hart te hê. Ek weet my verlossing is veilig in U en niks kan my van U wegneem nie. Help my om sensitief te bly vir u woord, u stem en u teenwoordigheid. Ek het U elke dag nodig. Amen.

  

Dag 9Dag 11

Aangaande hierdie leesplan

Jesus, Ons Alles. 'n Studie Van Hebreërs

Die boek Hebreërs vertoon die oppergesag van Christus op elke bladsy. Jesus is nie net verhewe bo enige iets waarin ons probeer om ons hoop te plaas nie, maar Hy is die Skepper en Een wat alles in stand hou. Hy het ons deur sy genade gered. Hy alleen is ons lofprysing waardig. Hy alleen is ons liefde waardig. Hy is ons alles.

More

Ons wil graag Love God Greatly Afrikaans bedank vir die verskaffing van hierdie plan. Vir meer inligting, besoek asseblief: http://lovegodgreatly.com/