Jesus, Ons Alles. 'n Studie Van Hebreërs Voorbeeld

Jesus, Ons Alles. 'n Studie Van Hebreërs

DAG 12 VAN 43

Lees: Hebreërs 4:14-16

SOAP: Hebreërs 4:15-16

Die Hoëpriester wat ons het, is nie Een wat geen medelye met ons swakhede kan hê nie; Hy was immers in elke opsig net soos ons aan versoeking onderwerp, maar Hy het nie gesondig nie. 16 Kom ons gaan dan met vrymoedigheid na die genadetroon, sodat ons barmhartigheid en genade ontvang en so op die regte tyd gered kan word.

Oordenking

In die Israelitiese offerstelsel, het die hoëpriester as advokaat vir die volk ingestaan. Die hoëpriester sou homself eers was en offers bring vir sy eie sondes. Dan sou hy namens die volk in die tempel ingaan en ’n offer bring vir al hulle sondes. Hy was die verteenwoordiger van die gemeente en het offers gebring aan God, sodat die hele volk van sonde gereinig kon word.

Jesus is ons Hoëpriester. Anders as die priesters in die Ou Testament, was Jesus sonder sonde. Hy het nooit nodig gehad om ’n offer vir sy eie sondes te bring nie, omdat Hy nie gesondig het nie. Hy alleen is in staat om 'n blywende offer vir ons sondes aan te bied omdat Hy self geen sonde gehad het nie.

Al het Hy nie gesondig nie, is Jesus steeds in staat om empatie te toon met ons swakhede omdat Hy mens geword het. Deur Homself te verootmoedig en die mensdom aan te neem, kan Jesus namens ons ’n Hoëpriester wees. Hy is ons verteenwoordiger, die advokaat wat namens ons na God toe gaan en vir ons pleit. Hy het Homself opgeoffer vir ons sondes. 

As gevolg van sy offer het ons niks om te vrees nie. Ons kan God met selfvertroue nader, maak nie saak wat ons gedoen het nie. Ons sondes word vergewe en ons verhouding met God word herstel. Ons Hoëpriester gaan voor ons uit en bied vir ons genade en vergifnis aan, omdat Hy ons swakhede ken.

Gebed

Jesus, ek het ontsag vir U. U het meer vir my gedoen as wat ek ooit sal verstaan of weet. Help my om U te vertrou as ek myself wil vertrou. Help my om te glo U is my advokaat. Help my om op U te leun en te glo dat u offer vir my genoeg is. Amen.

Dag 11Dag 13

Aangaande hierdie leesplan

Jesus, Ons Alles. 'n Studie Van Hebreërs

Die boek Hebreërs vertoon die oppergesag van Christus op elke bladsy. Jesus is nie net verhewe bo enige iets waarin ons probeer om ons hoop te plaas nie, maar Hy is die Skepper en Een wat alles in stand hou. Hy het ons deur sy genade gered. Hy alleen is ons lofprysing waardig. Hy alleen is ons liefde waardig. Hy is ons alles.

More

Ons wil graag Love God Greatly Afrikaans bedank vir die verskaffing van hierdie plan. Vir meer inligting, besoek asseblief: http://lovegodgreatly.com/