Jesus, Ons Alles. 'n Studie Van Hebreërs Voorbeeld

Jesus, Ons Alles. 'n Studie Van Hebreërs

DAG 13 VAN 43

Lees: Hebreërs 5:1-10; Matteus 26:36-46

SOAP: Hebreërs 5:7-8; Matteus 26:39

Gedurende sy aardse lewe het Hy aan God, wat Hom uit die dood kon red, gebede en smekinge geoffer met harde geroep en met trane. En sy gebede is verhoor vanweë sy eerbiedige onderworpenheid aan God. Hoewel Hy die Seun was, het Hy deur alles wat Hy gely het, geleer wat gehoorsaamheid is.

Hy het ’n entjie verder gegaan en daar gekniel met die gesig teen die grond en gebid: “My Vader, as dit moontlik is, laat hierdie lydensbeker by My verbygaan. Moet nogtans nie doen soos Ek wil nie, maar soos U wil.”

Oordenking

As selfs Jesus gebid het en hom tot God bekeer het, moet ons definitief dieselfde doen. Jesus het God gevra om Hom van die dood te red, maar Hy het ook geweet dat God se wil en plan groter as Syne was.

Jesus was nie skaam oor sy versoek nie. Hy het geweet dat die enigste manier om die mensdom van God se toorn te red, was om die sondes van die wêreld op Hom te neem en God se oordeel te ontvang. Jesus was nie bang vir die fisiese dood nie (alhoewel Hy waarskynlik nie daarna uitgesien het nie), maar in plaas daarvan het Hy gevrees dat Hy die toorn van God oor sonde in die gesig gestaar het. Jesus is die enigste mens wat God se heiligheid ten volle kan begryp, en die enigste een wat die volle gewig van sonde op ons verhouding met God kan verstaan.

Alhoewel hierdie gedeeltes teologies ingewikkeld en uitdagend is om te verstaan, kan ons berus in die wete dat Jesus die plan van God vervul het en namens ons Homself opgeoffer het. Selfs in sy lyding het sy liefde vir ons en sy toewyding aan God ons redding bewerkstellig.

Gebed

Here Jesus, ek sal nooit verstaan wat U namens my verduur het nie. Ek loof U vir u gehoorsaamheid aan God en u nederigheid. Help my om die diepte van U opoffering vandag nog ’n bietjie beter te verstaan. Amen.

Dag 12Dag 14

Aangaande hierdie leesplan

Jesus, Ons Alles. 'n Studie Van Hebreërs

Die boek Hebreërs vertoon die oppergesag van Christus op elke bladsy. Jesus is nie net verhewe bo enige iets waarin ons probeer om ons hoop te plaas nie, maar Hy is die Skepper en Een wat alles in stand hou. Hy het ons deur sy genade gered. Hy alleen is ons lofprysing waardig. Hy alleen is ons liefde waardig. Hy is ons alles.

More

Ons wil graag Love God Greatly Afrikaans bedank vir die verskaffing van hierdie plan. Vir meer inligting, besoek asseblief: http://lovegodgreatly.com/