Jesus, Ons Alles. 'n Studie Van Hebreërs Voorbeeld

Jesus, Ons Alles. 'n Studie Van Hebreërs

DAG 18 VAN 43

Lees: Hebreërs 6:13–20

SOAP: Hebreërs 6:19-20

Hierdie hoop besit ons as 'n veilige en onbeweeglike lewensanker, wat agter die voorhangsel vas is. Daar het Jesus, ons Voorloper, ter wille van ons ingegaan, en Hy is vir ewig Hoëpriester volgens die orde van Melgisedek.

Oordenking

Vroeër in Hebreërs 2:1 waarsku die skrywer sy lesers teen afvalligheid van die geloof. Hier, in hoofstuk 6, bied hy meer insig hoe ons in ons geloof geanker kan bly. ‘n Anker keer dat enigiets, van ‘n groot skip tot ‘n klein vissersbootjie, wegdryf na waar dit nie wil gaan nie. Hoe die wind en branders ook al die boot mag ruk en pluk, sal dit, as dit geanker is, nie van sy plek wegbeweeg nie, ongeag die magte wat dit moet trotseer.

Ons hoop in Christus is die anker van ons geloof. Ons verlossing berus op Christus: solank ons in Hom geanker bly, sal ons nie wegdryf nie. Dit is sy werk, sy offer wat keer dat ons wegdryf van ons geloof, nie ons eie werk nie.

Ons kan seker wees van ons verlossing omdat Jesus Self ter wille van ons na God toe gaan. Soos die priesters in die Ou Testament, is Jesus die Een wat in God se teenwoordigheid ingaan en die offer vir ons sondes bring. Ons verlossing is veilig omdat Hy ons anker is. Net Hy sal keer dat ons wegdryf. Al wat ons moet doen, is om ons lewens aan Hom oor te gee.

Gebed

Here Jesus, ek glo dat U my hoop is. Ek het net vir U nodig om van my verlossing seker te wees. U het al die verlossingswerk gedoen. Help my om te glo wat U sê: my verlossing is veilig in U en danksy U. Amen.

Dag 17Dag 19

Aangaande hierdie leesplan

Jesus, Ons Alles. 'n Studie Van Hebreërs

Die boek Hebreërs vertoon die oppergesag van Christus op elke bladsy. Jesus is nie net verhewe bo enige iets waarin ons probeer om ons hoop te plaas nie, maar Hy is die Skepper en Een wat alles in stand hou. Hy het ons deur sy genade gered. Hy alleen is ons lofprysing waardig. Hy alleen is ons liefde waardig. Hy is ons alles.

More

Ons wil graag Love God Greatly Afrikaans bedank vir die verskaffing van hierdie plan. Vir meer inligting, besoek asseblief: http://lovegodgreatly.com/