Jesus, Ons Alles. 'n Studie Van Hebreërs Voorbeeld
Lees: Hebreërs 7:11–28
SOAP: Hebreërs 7:25
Daarom kan Hy ook dié wat deur Hom na God gaan, eens en vir altyd verlos: Hy lewe vir altyd om vir hulle by God in te tree.
Oordenking
Indien die Levitiese stelsel wat in Ou Testamentiese tye beoefen is, voldoende was om mense van hulle sondes te reinig en verlossing gebied het, sou God nooit ‘n nuwe stelsel ingestel het nie. Sy belofte om ‘n nuwe verbond tot stand te bring, het getoon hoedat die rituele en offerandes wat deur mense en die priesters gebring is, nie bedoel was om volkome verlossing te bewerk nie. Dit was ‘n model van wat aan die kom was.
Toe kom Jesus. ‘n Veranderde priesterskap het beteken dat die wet verander het. Ons staan nie meer onder die wette en vereistes van die Ou Testament nie omdat ons nou onder ‘n nuwe priesterskap in Christus staan. Christus is ons hoëpriester. Net Hy kan ons volkome verlos. Net Hy leef om vir ons in te tree.
Jesus is ewig, anders as mensepriesters. Jesus het nie nodig om voortdurend die reinigings- en offerwerk te doen nie: Hy het Homself eens en vir altyd vir ons geoffer! Ons is volkome verlos – van elke oortreding, elke sonde, elke bose gedagte – en vir ewig gered – niks kan ons van God skei nie omdat ons verlossing van Christus afhang, nie ons self nie.
Die priesters in die Ou Testament het alleen in die heiligdom ingegaan omdat hulle ritueel van sonde gereinig was. Jesus bring ons saam met Hom in God se teenwoordigheid. Danksy Jesus kan ons kommunikasie met God hê. Deur sy werk is ons gereinig en volkome gemaak.
Gebed
Jesus, U alleen kan red. Ek is oneindig dankbaar dat U voor my gegaan en dit vir my moontlik gemaak het om by die Vader uit te kom. Ek is oorweldig deur die omvang van u werk en u offer vir my. Ek het U lief. Amen.
Skrif
Aangaande hierdie leesplan
Die boek Hebreërs vertoon die oppergesag van Christus op elke bladsy. Jesus is nie net verhewe bo enige iets waarin ons probeer om ons hoop te plaas nie, maar Hy is die Skepper en Een wat alles in stand hou. Hy het ons deur sy genade gered. Hy alleen is ons lofprysing waardig. Hy alleen is ons liefde waardig. Hy is ons alles.
More
Ons wil graag Love God Greatly Afrikaans bedank vir die verskaffing van hierdie plan. Vir meer inligting, besoek asseblief: http://lovegodgreatly.com/