Jesus, Ons Alles. 'n Studie Van Hebreërs Voorbeeld

Jesus, Ons Alles. 'n Studie Van Hebreërs

DAG 24 VAN 43

Lees: Hebreërs 8:7–13; 2 Korintiërs 3:4-6

SOAP: Hebreërs 8:7-8; 2 Korintiërs 3:5-6

As daar aan die eerste verbond niks kortgekom het nie, sou ‘n tweede nie nodig gewees het nie. Maar God bestraf die volk oor hulle tekortkoming deur te sê: “Kyk daar kom ‘n tyd, sê die Here, dat Ek met Israel en Juda ‘n nuwe verbond sal sluit.”

Uit onsself is ons nie in staat om iets te bedink asof dit uit onsself kom nie. Ons bekwaamheid kom van God, wat ons bekwaam gemaak het om bedienaars van ‘n nuwe verbond te wees, nie van die letter nie maar van die Gees. Die letter maak dood, die Gees maak lewend.

Oordenking

Die Levitiese stelsel van rituele en offers was goed. God het dit geskep om aan die volk Israel sy heiligheid te toon, hulle bewus te maak van hul sonde en hulle as sy uitverkore volk te onderskei. Hierdie stelsel was egter nooit bedoel om ons te red nie. God het 'n verlange in die harte van sy volk geskep na meer, na 'n toekomstige Messias wat eendag aan al die vereistes van die wet sou voldoen en hulle vrymaak van die slawerny van sonde.

Die wet maak ons bewus van sonde (Rom. 7). Ons sou nie sonde, of die gevolge daarvan, herken sonder die wet nie. Die wet was nie sleg nie, en dit was ook nie bedoel om te red nie. Jesus alleen bied aan ons verlossing. Selfs getroue nakoming van die wet kan ons nie red nie. Jesus het die wet vervul, sodat ons gered kan word deur geloof in Hom.

Ons is nie meer aan die wet verbind nie. Ons is aan die Gees verbind, die nuwe verbond, een van vryheid en genade. Anders as die Israeliete in die Ou Testament, hoef ons nie meer uit te sien na die komende verlossing nie. Ons verlossing is volkome in Christus. Ons het die voorreg om met groot verwagting uit te sien na sy wederkoms!

Gebed

Here God, dankie dat U 'n weg gebaan het vir my verlossing. Dankie dat u die wet deur Christus vervul het en dat U my toelaat om langs die kruis te leef. Help my om te onthou dat my werke en dade my nie red nie, maar dat redding alleen deur Christus is. Amen.

Dag 23Dag 25

Aangaande hierdie leesplan

Jesus, Ons Alles. 'n Studie Van Hebreërs

Die boek Hebreërs vertoon die oppergesag van Christus op elke bladsy. Jesus is nie net verhewe bo enige iets waarin ons probeer om ons hoop te plaas nie, maar Hy is die Skepper en Een wat alles in stand hou. Hy het ons deur sy genade gered. Hy alleen is ons lofprysing waardig. Hy alleen is ons liefde waardig. Hy is ons alles.

More

Ons wil graag Love God Greatly Afrikaans bedank vir die verskaffing van hierdie plan. Vir meer inligting, besoek asseblief: http://lovegodgreatly.com/