Jesus, Ons Alles. 'n Studie Van Hebreërs Voorbeeld
Lees: Hebreërs 9:15–28
SOAP: Hebreërs 9:27-28
'n Mens is bestem om net een maal te sterf, en daarna kom die oordeel. So is Christus ook net een maal geoffer om die sondes van baie weg te neem. As Hy die tweede keer verskyn, kom Hy nie in verband met sonde nie, maar om verlossing te bring vir dié wat Hom verwag.
Oordenking
Jesus se dood het 'n nuwe verbond tot stand gebring. Sy werk het ons permanent gereinig van sonde en skuldgevoelens. Anders as die priesters wat voortdurend offers in die Ou Testament aanbied, hoef Jesus nie voortdurend te sterf as 'n offer vir ons sondes nie. Sy werk was ná een opoffering voltooi en finaal.
Op dieselfde manier sal ons een keer sterf, Christus het een maal vir sondes gesterf. Hy belowe om weer terug te keer, nie om oordeel te bring nie, maar om verlossing te bring. Ons het die voorreg om aan hierdie kant van die kruis te kan woon. Ons hoef nie in vrees te leef nie; ons kan in hoop leef. Ons hoop is veilig, want Jesus is ons hoop.
Sy bediening is baie beter as enigiets wat voor Hom gekom het (of enigiemand wat na Hom kan kom). Niks wat ons doen, niks wat ons wil bereik of probeer doen om sy guns te verkry, sal ons redding bring nie. Ons word alleen deur sy genade gered. Ons kan sy werk vertrou, glo dat dit voltooi is en geanker leef in Hom as ons hoop.
Gebed
Here Jesus, U alleen is my hoop. U is die weg van verlossing. Help my om u offer en u genade te onthou. Help my om U te glo as U sê dat u genade vir my genoeg is. Ek wil 'n lewe lei wat U eer deur op U te hoop en gretig op u terugkoms te wag. Amen.
Skrif
Aangaande hierdie leesplan
Die boek Hebreërs vertoon die oppergesag van Christus op elke bladsy. Jesus is nie net verhewe bo enige iets waarin ons probeer om ons hoop te plaas nie, maar Hy is die Skepper en Een wat alles in stand hou. Hy het ons deur sy genade gered. Hy alleen is ons lofprysing waardig. Hy alleen is ons liefde waardig. Hy is ons alles.
More
Ons wil graag Love God Greatly Afrikaans bedank vir die verskaffing van hierdie plan. Vir meer inligting, besoek asseblief: http://lovegodgreatly.com/