Jesus, Ons Alles. 'n Studie Van Hebreërs Voorbeeld

Jesus, Ons Alles. 'n Studie Van Hebreërs

DAG 25 VAN 43

Lees: Hebreërs 9:1–10; 1 Korintiërs 6:19-20

SOAP: Hebreërs 9:8-9; 1 Korintiërs 6:19-20

Hiermee maak die Heilige Gees duidelik dat die pad na die Allerheiligste toe nie oop is so lank as die voorste gedeelte van die verbondstent bestaan nie. Dit alles wys vooruit na die huidige tyd waarin offergawes en diereoffers gebring word wat nie vir dié een wat dit bring, ‘n volkome skoon gewete kan gee nie. 

Of besef julle nie dat julle liggame ‘n tempel van die Heilige Gees is nie? Julle het die Heilige Gees, wat in julle woon, van God ontvang, en julle behoort nie aan julleself nie: julle is gekoop, en die prys is betaal. Julle moet God dus in julle liggaam verheerlik. 

Oordenking

Een keer per jaar sou die hoëpriester in Israel die tabernakel of tempel binnegaan op die Versoendag. Hy sou die Allerheiligste binnegaan, die binneste van die heiligdom, en wierook op die altaar sprinkel. Sodoende sou hy die offers bring en die gemeenskap van Israel reinig van hulle sonde. Dit was egter slegs 'n tydelike oplossing. Dit moes jaar na jaar gedoen word, omdat hierdie ritueel, hierdie offers, nooit bedoel was om die volk volkome van hul sonde te reinig nie.

Die Israeliete het geweet dat dit 'n tydelike oplossing vir hul sonde-probleem was. Nie net omdat God vir hulle gesê het dat Hy eendag 'n Messias sou stuur om hulle van hul sonde te reinig nie, maar omdat hul eie gewete ook getuig het van die onvolledige aard van die Levitiese offerstelsel.

Ons is nie onder dieselfde stelsel nie. Christus het nie net ons sonde verwyder nie, maar ook ons skuldgevoelens. Sy werk aan die kruis maak ons gewete skoon, sodat ons kan rus in sy volledige werk. Die Ou-Testamentiese Israeliete se gewete kon nie gereinig word nie, want die werk was nog nie voltooi nie. Vandag is die werk klaar. Christus het ons verlossing deur sy offer voltooi. Ons gewete is skoon; ons hoef nie meer in vrees te lewe vir straf vir ons sonde nie. Dit is volbring!

Gebed

Here Jesus, U het dit gedoen! U het die verlossingswerk voltooi. Ek kan in volkome vryheid leef vanweë dit wat U gedoen het. Help my om te onthou en te glo dat u werk voltooi is en dat my gewete vry kan wees van skuld en skaamte. Amen.

Dag 24Dag 26

Aangaande hierdie leesplan

Jesus, Ons Alles. 'n Studie Van Hebreërs

Die boek Hebreërs vertoon die oppergesag van Christus op elke bladsy. Jesus is nie net verhewe bo enige iets waarin ons probeer om ons hoop te plaas nie, maar Hy is die Skepper en Een wat alles in stand hou. Hy het ons deur sy genade gered. Hy alleen is ons lofprysing waardig. Hy alleen is ons liefde waardig. Hy is ons alles.

More

Ons wil graag Love God Greatly Afrikaans bedank vir die verskaffing van hierdie plan. Vir meer inligting, besoek asseblief: http://lovegodgreatly.com/