Ontmoet Die Nuwe JyVoorbeeld
Gebruik Jou Gawes om Ander te Dien
Ek het die vertrek bekyk om alles waar te neem. Vroue van alle ouderdomme en vorms was daar. Sommige het die werkswinkels bygewoon en ander was daar om hulp te verleen. Daar was vrywilligers in rooi bloeses wat die vroue na die sessies begelei het. Daar was 'n organiseerder wat die sprekers ingelig het. Daar was die tegniese span wat seker gemaak het dat die aanbiddingspan kon optree. Daar was die lieflike seremoniemeester wat baie gasvry was en gesorg het dat die hele geleentheid glad verloop. Daar was die sprekers, met voorbereide boodskappe van God se genade en waarheid, hoop en krag. Al het ek hulle nie gesien nie, is ek seker daar was 'n opsigter en sy span werkers agter die skerms, heel moontlik lank nadat ons daar weg is.
Elke persoon moes 'n rol speel en God se gawes gebruik en die uiteinde was 'n wonderlike, geseënde gebeurtenis.
Verbeel jou egter wat sou gebeur as een persoon sou besluit om halfpad op te hou doen wat hy of sy moes doen? Kan jy aan die gevolge daarvan dink, wat almal sou beïnvloed? Wat sou gebeur as die tegniese span sou dink hulle is nie nodig nie, omdat hulle nie sangers is nie? Wat sou gebeur as 'n aanbieder van 'n werkswinkel sou ophou omdat sy nie die hoofspreker was nie?
Hoeveel kere hou ons op om ons God-gegewe gawes te gebruik om ander te dien omdat ons te besig is om onsself met ander te vergelyk of ons eie belangrikheid te probeer bepaal? Dalk wil ons iemand anders se gawes hê omdat dit meer genotvol of waardevol voorkom.
Een gawe is nooit meer belangrik as enige ander een nie. Ons volmaakte Vader in die hemel het vir elkeen van ons waardevolle gawes gegee om tot sy eer te gebruik as 'n manier om sy liefde aan ander te toon. Wat sou gebeur as ons daardie God-gegewe gawes sou ontvang en kies om dit goed te gebruik, sonder om dit met ander s'n te vergelyk of die doel daarvan as minderwaardig te beskou? Verbeel jou hoe bly Hy en ons sal wees wanneer ons gebruik wat Hy vir ons gegee het.
Word herskep
1. Watter gawes glo jy het God vir jou gegee?
2. Watter gawes beskou jy as minderwaardig?
3. Wat sou gebeur as jy ophou om "ander" gawes te begeer en begin om dié te waardeer wat jy gekry het?
Skrif
Aangaande hierdie leesplan
Wanneer ons na die Woord van God kyk as 'n grondslag vir ons lewe, sal ons ontdek op watter terreine ons denke behoort te verander om die beste te word wat God vir ons in gedagte het. Dis presies waaroor hierdie reis van 21 dae handel.
More