Ontmoet Die Nuwe JyVoorbeeld

Meet The New You

DAG 7 VAN 21

Ontgin Werklike Krag

Wanneer laas het jy heeltemal swak gevoel? Miskien was jy swak toe jy nie 'n tweede porsie van daardie smullekker sjokoladekoek kon weerstaan nie. Dalk was jy swak toe jy jouself bejammer het toe jy hoor jy is nie genomineer as die ontvanger van 'n gesogte toekenning nie. Dalk was jou gevoelens op 'n laagtepunt aan die einde van 'n lang dag en dis hoekom jy op die kinders geskree het in plaas daarvan om hulle liefdevol te behandel.

Swakheid is deel van ons menslike toestand. Ons gaan swak voel, in swakheid optree en swig voor swakheid terwyl ons onsself blameer vir ons swakheid. Maar wat daarvan as ons swakheid 'n uitnodiging vir God is om in te tree en sy krag te vertoon?

Wat daarvan as die aanloklike sjokoladekoek 'n oomblik was wanneer ons na God kon uitroep en vra dat sy krag ons gebrek aan wilskrag onderskraag? Wat daarvan as ons selfbejammering 'n oomblik was wanneer ons ons begeerte vir menslike prys uitgespreek het en God gevra het om ons die krag te gee om Hom eerder te prys? Wat daarvan as ons uitgeputte emosionele reserwes ons gedwing het om 'n oomblik stil te staan en God te vra om sy magtige krag deur en in ons te laat werk?

Swakheid is nie iets slegs as God se krag daardeur tot volle werking kan kom nie.

 

Word herskep

1. Op watter terrein voel jy vandag swak?

2. Waar kan God se krag jou versterk?

3. Vir wie kan jy vra om jou aan te moedig om God se krag aan te gryp, gesien in die lig van jou swakheid?

 

Dag 6Dag 8

Aangaande hierdie leesplan

Meet The New You

Wanneer ons na die Woord van God kyk as 'n grondslag vir ons lewe, sal ons ontdek op watter terreine ons denke behoort te verander om die beste te word wat God vir ons in gedagte het. Dis presies waaroor hierdie reis van 21 dae handel.

More

Baie dankie aan Elisa Pulliam en WaterBrook Multnomah Uitgewers wat hierdie leesplan verskaf het. Vir meer inligting besoek asseblief: http://waterbrookmultnomah.com/catalog.php?isbn=9781601427946