Nuwe Dag, Nuwe JyVoorbeeld
Kies Lewe!
Ons sal die lewe nooit geniet tensy ons 'n kwaliteitsbesluit neem om dit te doen nie. Satan is 'n deskundige in diefstal en ons blydskap is een van sy geliefkoosde teikens. Nehemia 8:11 se vir ons dat die blydskap in die Here ons beskutting is. In Johannes 10:10 lees ons "die dief" kom om te steel, te slag en te verwoes, maar dat Jesus gekom het dat ons lewe kan he en dit geniet. Satan is die dief en een van die dinge wat hy poog om te steel is ons blydskap. As hy ons blydskap by ons kan steel, sal ons swak wees; en wanneer ons swak is, kry die vyand die oorhand oor ons.
Swak gelowiges is geen bedreiging vir hom en sy werk van vernietiging nie. Om te leef soos God bedoel het ons moet, is die eerste ding om te doen, om waarlik te glo dat dit God se wil vir ons is om voortdurende blydskap te ondervind. Dan moet ons besluit om daardie blydskap in te gaan. Om blydskap in ons siele te ondervind is dringend noodsaaklik vir ons fisiese, intellektuele, emosionele en geestelike gesondheid. Spreuke 17:22 se, " 'n Vrolike hart bevorder die genesing, maar 'n verslae gees laat die gebeente uitdroog." Dit is God se wil vir ons om die lewe te geniet! Nou is die tyd om te besluit om die volle en oorvloedige lewe, wat God vir ons wil he, in te gaan.
Blydskap en genotvolheid is beskikbaar net soos ellendigheid beskikbaar is. Geregtigheid en vrede is beskikbaar en so ook veroordeling en onrus. Daar is seeninge en vervloekings beskikbaar, en daarom se Deuternomium 30:19 vir ons om lewe en seeninge te kies.
Uit die boek Nuwe Dag, Nuwe Jy deur Joyce Meyer. Kopiereg 2007 deur Joyce Meyer. Gepubliseer deur FaithWords . Alle regte voorbehou.

Skrif
Aangaande hierdie leesplan
Dit is so belangrik hoe jy daardie eerste gedagtes van jou dag spandeer - selfs net 'n paar minute elke oggend met God is jou geleentheid om op die regte voet te begin en 'n positiewe toon daar te stel. Nuwe Dag, Nuwe Jy gee jou daardie geleentheid. In hierdie opwindende toewyding, saamgestel uit verskeie van Joyce se gewildste boeke, sal jy 'n vars woord van God ervaar vir elke dag van die jaar. Voor jy die uitdagings aandurf wat die lewe mag bring, begin elke dag met bemoediging en krag, herinnering van God se genade, en God se perspektief. Word die nuwe jy wat elke nuwe dag kan bring!
More
We would like to thank Joyce Meyer Ministries for providing this plan. For more information, please visit: www.joycemeyer.org