Nuwe Dag, Nuwe JyVoorbeeld
Word Heraangestel
Almal van ons word teleurgestel wanneer ons 'n plan het wat misluk, 'n hoop wat nie verwesenlik word nie, 'n doel wat nie bereik is nie. Wanneer sulke dinge gebeur, ondervind ons vir 'n sekere tyd lank ontnugtering, wat tot depressie kan lei as dit nie reg hanteer word nie.
Dis wanneer ons moet besluit om te verander en aan te pas, 'n nuwe benadering te soek, net aan te gaan, ten spyte van ons gevoelens. Dis wanneer ons moet onthou dat Hy wat Groter is binne-in ons woon, sodat wat ookal gebeur om ons te frustreer, of hoe lank dit ookal mag neem vir ons drome en ideale om werklikheid te word, ons nie gaan opgee en wegloop net oor hoe ons voel nie. Dis wanneer ons moet onthou wat God een keer in juis so 'n oomblik vir my gese het: "Wanneer jy teleurgestel word, kan jy altyd die besluit neem om heraangestel te word!"
Teleurstelling lei dikwels tot ontmoediging, wat selfs 'n groter "onderdrukker" is. Hoe teleurstellend en ontmoedigend is dit nie om te sien hoe die dinge wat ons liefhet deur ander vernietig word nie of, nog erger, deur ons eie nalatigheid of mislukking.
Afgesien van hoe dit mag gebeur of wie verantwoordelik mag wees, is dit moeilik om aan te gaan wanneer alles waarop ons gereken het, om ons in duie stort. Dis wanneer die van ons wat die skeppende krag van die Heilige Gees binne ons het, 'n nuwe visioen kan kry, 'n nuwe rigting en 'n nuwe doel, om ons te help om die afwaartse druk van teleurstelling, ontmoediging en vernietiging te oorwin.
Uit die boek Nuwe Dag, Nuwe Jy deur Joyce Meyer. Kopiereg 2007 deur Joyce Meyer. Gepubliseer deur FaithWords . Alle regte voorbehou.

Skrif
Aangaande hierdie leesplan
Dit is so belangrik hoe jy daardie eerste gedagtes van jou dag spandeer - selfs net 'n paar minute elke oggend met God is jou geleentheid om op die regte voet te begin en 'n positiewe toon daar te stel. Nuwe Dag, Nuwe Jy gee jou daardie geleentheid. In hierdie opwindende toewyding, saamgestel uit verskeie van Joyce se gewildste boeke, sal jy 'n vars woord van God ervaar vir elke dag van die jaar. Voor jy die uitdagings aandurf wat die lewe mag bring, begin elke dag met bemoediging en krag, herinnering van God se genade, en God se perspektief. Word die nuwe jy wat elke nuwe dag kan bring!
More
We would like to thank Joyce Meyer Ministries for providing this plan. For more information, please visit: www.joycemeyer.org