Nuwe Dag, Nuwe JyVoorbeeld

New Day, New You

DAG 8 VAN 14

Neem 'n Prys-Pouse

Ek dink nie enigiets is vir God 'n groter seën as wanneer ons soms reg in die middel van waarmee ons besig is, stop nie, ons hande lig om Hom te aanbid of 'n oomblik neem om voor Hom te buig en te sê, "Ek het U lief, Here." In vandag se Skrif sê die psalmdigter hy het sewe maal 'n dag en die hele dag lank tyd geneem om God te prys.

Dink byvoorbeeld aan 'n besigheidsman, miskien die hoof van 'n groot maatskappy. Sal dit nie wonderlik wees as hy twee of drie keer 'n dag die deur van sy kantoor toemaak nie, die deur sluit, kniel en sê, "God, ek wil net tyd neem om U te aanbid. Vader, al hierdie dinge wat U my gee - die besigheid, die geld, die sukses - is wonderlik, maar ek wil net vir U aanbid. Ek verheerlik U. U is so wonderlik. Ek het U lief. U is al wat ek nodig het. Vader, ek aanbid U. Jesus, ek aanbid U. Heilige Gees, ek aanbid U." Ek glo dat, as die besigheidsman dit sou doen, hy nooit bekommerd hoef te wees oor sy besigheid, sy finansies of sy sukses nie. Vir al daardie dinge sal gesorg word.

Mattheus 6:33 (AFR 83) sê, "Maar soek eers die koninkryk van God en sy geregtigheid, en al hierdie dinge sal vir julle bygevoeg word."

Uit die boek "New Day, New You" deur Joyce Meyer. Kopiereg 2007 deur Joyce Meyer. Gepubliseer deur FaithWords. Alle regte voorbehou.

Aangaande hierdie leesplan

New Day, New You

Dit is so belangrik hoe jy daardie eerste gedagtes van jou dag spandeer - selfs net 'n paar minute elke oggend met God is jou geleentheid om op die regte voet te begin en 'n positiewe toon daar te stel. Nuwe Dag, Nuwe Jy gee jou daardie geleentheid. In hierdie opwindende toewyding, saamgestel uit verskeie van Joyce se gewildste boeke, sal jy 'n vars woord van God ervaar vir elke dag van die jaar. Voor jy die uitdagings aandurf wat die lewe mag bring, begin elke dag met bemoediging en krag, herinnering van God se genade, en God se perspektief. Word die nuwe jy wat elke nuwe dag kan bring!

More

We would like to thank Joyce Meyer Ministries for providing this plan. For more information, please visit: www.joycemeyer.org