Skep 'n Beter NormaalVoorbeeld

Creating a Better Normal

DAG 6 VAN 7

Kwesbaarheid Is 'n Sterkpunt 

Dikwels, wanneer ons met iets sukkel, hou ons nie daarvan om dit aan ander te erken nie. Om egter 'n volgeling van Jesus te wees, beteken om te erken dat ons nie alles op ons eie kan hanteer nie. Ons moet ons laste aan God oorgee, maar ons moet ook toelaat dat ander dit dra. 

Pastoor Craig Groeschel sê dit dikwels so: “Ons kan ander beïndruk met ons sterkpunte, maar ons verenig met ander in ons swakhede.” Die vrees is dat om kwesbaar te wees, jou vriendskap sal verwoes. Die feit is dat dit dit dikwels versterk. Wanneer ons kies om onbevreesd kwesbaar te wees met iemand of 'n groep mense, gee ons hulle toestemming om ook kwesbaar met ons te wees. 

Hier is wat Paulus oor swakheid en kwesbaarheid geskryf het: 

" … Daarom sal ek baie liewer oor my swakhede roem, sodat die krag van Christus my beskutting kan wees. Daarom is ek bly oor swakhede ... want as ek swak is, is ek sterk (2 Korintiërs 12:9-10). 

Wanneer ons eerlik is oor ons swakheid, laat ons toe dat God se krag tot volmaaktheid gebring word. Ons nooi ander dan om God se krag in ons te sien werk. 

Kwesbaarheid is dikwels die beginpunt van 'n oppervlakkige vriendskap tot 'n dieper verhouding. Ons is egter nie net kwesbaar vir enigiemand wat sal luister nie. Ons deel wat in ons harte is met die mense wat die naaste aan ons is, wetende dat hulle ons kan help om dit te verwerk en te ontdek wat waar is in die situasie. 

Kom ons skep dus 'n beter normaal vir ons verhoudings gedurende hierdie tydperk. Kom ons hou op om tevrede te wees met oppervlakkige antwoorde en middelmatige gesprekke. Laat ons eerder mense meer toegang tot ons lewens gee, wetende dat God getrou sal wees om by ons te wees wanneer ons dit doen.

Bid: Vader, dankie dat U sterk is in my swakheid. Dit is vir my moeilik om kwesbaar te wees met U en met ander in my lewe. Help my om dit te verander, Vader. Gee my die wysheid om te weet met wie om kwesbaar te wees en die moed om dit te doen. In die Naam van Jesus. Amen. 

Uitdaging: Hou 'n gesprek met iemand vir wie jy omgee, gee hulle toegang tot meer as net oppervlakkige antwoorde.  

Dag 5Dag 7

Aangaande hierdie leesplan

Creating a Better Normal

Te midde van krisis en onsekerheid hunker baie van ons om terug te keer na normaal. Wat as dit egter tyd is om eerder 'n beter normaal te skep? In hierdie sewe dag leesplan sal ons ontdek hoe om op te hou om beheer te soek en eerder God te begin soek.

More

Baie dankie aan Life.Church wat hierdie leesplan aan ons verskaf het. Vir meer inligting, besoek asseblief: https://www.life.church/