Skep 'n Beter NormaalVoorbeeld
Gevoelens en Geloof
Wanneer negatiewe gedagtes en gevoelens opduik, stoot die meeste van ons dit eenkant en beweeg aan. Sê nou egter die skep van 'n beter normaal is nie om ons emosies te ignoreer nie, maar eerder te ontdek watter lesse dit ons dalk kan leer? Wat as dit tyd is vir ons om op te hou om ons gevoelens te verberg en dit eerder vir God oor te gee — net soos dit is?
Jesus is nie 'n vreemdeling vir emosies nie. Gedurende sy tyd op aarde het Hy elke emosie ervaar wat ons ervaar. Ons hoef nie ons gedagtes te onderdruk of ons gevoelens af te water wanneer ons met God praat nie. Trouens, wanneer ons eerlik is oor ons gevoelens, versterk ons dikwels ons geloof.
Jesus gee baie om oor die dinge waaroor ons omgee. Hy dra ons laste, en ons word gesê dat ons Hom kan vertel waaroor ons bekommerd is omdat Hy vir ons omgee.
'n Besonder kragtige verhaal wat die krag daarvan uitlig om ons emosies te verwerk, is wanneer Jesus Lasarus opwek. Jesus gee baie om vir Lasarus, maar Hy genees hom nie dadelik nie. Op pad om sy bedroefde gesin te besoek, praat Marta en Maria elkeen met Jesus oor hulle teleurstelling, hulle hartseer en hulle pyn. Kyk wat gebeur nadat Maria opreg en eerlik is oor haar gevoelens:
”Toe Maria aankom waar Jesus nog was, en sy Hom sien, het sy by sy voete neergeval en vir Hom gesê: ‘Here, as U hier was, sou my broer nie gesterf het nie!’ Toe Jesus sien dat sy huil en dat die Jode wat saam met haar gekom het, ook huil, het Hy bewoë geraak en was diep ontsteld. … Jesus begin toe huil” (Johannes 11:32-33, 35 NLV).
Maria het nie probeer om haarself reg te ruk voordat sy met Jesus gepraat het nie. Sy het hartseer gekom. Sy het gehuil en gerou en vir Jesus haar eerlike gedagtes vertel — al was haar gedagtes redelik gewaagd en direk. Jesus het haar nie gekritiseer vir haar eerlikheid nie. Hy het nie vir haar gesê om op te hou huil, daaróór te kom of meer geloof te hê nie. In plaas daarvan het Hy self emosies ervaar. Hy het selfs saam met haar gehuil.
Jesus het Lasarus toe opgewek. Wat ons egter uit hulle verhaal kan leer, is dat, ongeag wat die uitkoms van ons situasie is, ons Jesus kan vertrou om saam met ons in die wagperiode te sit.
Kom ons hou dus op voorgee dat ons goed voel wanneer ons tot ons Vader nader. Kom ons hou op om ons emosies te ignoreer en ons eie probleme te probeer oplos. Laat ons eerder vir Maria namaak. Laat ons voor Jesus kom met die wete dat Hy belowe om by ons te wees in ons gevoelens.
Bid: Vader, dankie dat U belowe het om by my te wees, maak nie saak hoe ek voel of wat ek in die gesig staar nie. Jesus, ek kom vandag na U toe met al my gevoelens. Openbaar aan my enigiets wat U probeer om my deur hierdie emosies te leer, en wys my gesonde maniere om dit te hanteer. In die Naam van Jesus. Amen.
Uitdaging: Oorweeg dit om neer te skryf oor hoe jy die afgelope week gevoel het. Wat is daar waarvoor jy dankbaar is teenoor God? Wat is daar waarmee jy worstel en waaroor jy God moet uitvra?
Aangaande hierdie leesplan
Te midde van krisis en onsekerheid hunker baie van ons om terug te keer na normaal. Wat as dit egter tyd is om eerder 'n beter normaal te skep? In hierdie sewe dag leesplan sal ons ontdek hoe om op te hou om beheer te soek en eerder God te begin soek.
More