Skep 'n Beter NormaalVoorbeeld

Creating a Better Normal

DAG 5 VAN 7

'n Ingesteldheid Van Oorvloed 

Die meeste van ons raak 'n bietjie senuweeagtig en sweterig wanneer die onderwerp van geld ter sprake kom. Is dit regtig nodig? Wat as ons 'n normaler hantering van ons finansies kan skep? Geld is een van die grootste hulpmiddels wat God kan gebruik om ons geloof en vertroue in Hom te laat groei. Geld is dus nie 'n onderwerp om te vermy nie; dit is 'n hulpmiddel om te benut. 

Geld op sigself is net 'n hulpbron. Dit is egter ons ingesteldheid oor ons geld wat die verskil maak. Soms word ons in die versoeking gelei — veral tydens 'n krisis — om sekuriteit in ons geld te vind. Ons verbeel ons dat ons 'n noodfonds nodig het of ons wil maande se voorrade opgaar. Geen hoeveelheid geld in die bank of voorrade op ons rakke kan egter ons vrees verwyder of vir ons vrede gee nie. Net Jesus kan dit doen. 

As Christene moet ons nie hulpbronne opgaar en stoor nie. Ons kan eerder ons hulpbronne mildelik met ander deel. Ons moet egter nie verkeerd verstaan nie. Dit is ook belangrik om 'n goeie rentmeester van ons hulpbronne te wees, en ons moet wys wees in hoe ons geld spandeer en spaar. Ons stel egter nie ons vertroue in geld nie. Ons stel ons volle vertroue in God in die wete dat Hy ons uiteindelike Voorsiener is.

As ons aan geld dink, is ons dikwels bekommerd dat dit sal opraak of dat ons nie genoeg sal hê nie — 'n ingesteldheid van gebrek. As volgelinge van Jesus, word ons egter geroep om 'n ingesteldheid van oorvloed te hê. Kyk wat sê die Skrif daaroor: 

”Wie baie vir ander gee, word al hoe ryker. Wie suinig is, word al hoe armer" (Spreuke 11:24 DB). 

Wanneer ons fokus op wat ons ontbreek, sal ons altyd meer wil hê. Ons sal nooit tevrede wees nie. Wanneer ons egter fokus op wat ons hét, besef ons dat ons meer as genoeg het. Laat ons nie in die versoeking kom om ons finansies te beheer nie. Laat ons eerder besef dat ons 'n goeie God dien wat vir ons sorg. 

Bid: Vader, ek bevind my dikwels in die versoeking om my sekuriteit in my finansies te plaas. Vergewe my daarvoor. Help my eerder om ten volle op U as my Voorsiener te vertrou. Gee my die wysheid om te weet hoe om die hulpbronne te bestuur wat U mildelik aan my gee; en wys aan my geleenthede om teenoor ander vrygewig te wees. Ek vertrou U. In die Naam van Jesus. Amen. 

Uitdaging: Oorweeg hierdie vrae: Is jou ingesteldheid oor geld een van gebrek of oorvloed? Weerspieël jou begroting dit? Praat daaroor met 'n paar betroubare vriende. 

Dag 4Dag 6

Aangaande hierdie leesplan

Creating a Better Normal

Te midde van krisis en onsekerheid hunker baie van ons om terug te keer na normaal. Wat as dit egter tyd is om eerder 'n beter normaal te skep? In hierdie sewe dag leesplan sal ons ontdek hoe om op te hou om beheer te soek en eerder God te begin soek.

More

Baie dankie aan Life.Church wat hierdie leesplan aan ons verskaf het. Vir meer inligting, besoek asseblief: https://www.life.church/