Wysheid Uit Ou Testament Verhale Voorbeeld

Wisdom From Old Testament Stories

DAG 5 VAN 5

Josef en Sy Broers

Ons lees die verhaal van Josef in Genesis — die eerste boek in die Ou Testament. Hy is die seun van Jakob, vir wie God uiteindelik 'n ander naam, Israel gegee het. Daar was baie swaarkry in Josef se lewe. Sy broers het hom op die ouderdom van 17 as slaaf verkoop, hy was verkeerdelik aangekla vir seksuele wangedrag en hy was vir bykans 'n dekade lank in die tronk. Josef is egter uiteindelik onthou vir sy vermoë om drome uit te lê en is deur Farao, die koning van Egipte, vir diens opgeroep (Genesis 39-41). 

Die hongersnood wat Josef voorspel het, het begin, en sy broers het in Egipte aangekom om graan te bekom. Hul vader het hulle gestuur om graan te gaan koop, maar hulle het nie geweet dat die persoon wat die graan verkoop, die broer was wat hulle destyds as slaaf verkoop het nie — Josef. 'n Reeks gebeure het tussen Josef en sy broers plaasgevind voordat hy sy identiteit aan hulle bekendgemaak het.

Alhoewel daar baie lesse is wat ons kan leer uit hierdie verhaal wat oor 20 jaar strek, is daar twee dinge waarna ons moet kyk en oorweeg om in ons lewens toe te pas:

Josef Het Gegroei Waar Hy Hom Bevind Het
As jy die hele verhaal van Josef se lewe van Genesis 37 tot 50 deurlees, sal jy 'n man sien wat sukses behaal en gegroei het waar hy hom ookal bevind het. Toe hy in Potifar se diens was, was Potifar goedgunstig teenoor hom. Toe hy in die tronk was, is hy deur die tronkbewaarder in bevel geplaas. Toe hy uiteindelik vrygelaat is nadat hy Farao se drome uitgelê het, is hy in beheer van die hele koninkryk aangestel, net onder die koning. Josef het gegroei en was voorspoedig waar hy was. Hy het nie op 30-jarige ouderdom gehuiwer om leiding te neem toe Farao hom die mag daartoe gegee het nie. Hy was 'n goeie leier, en het selfs tydens gevangeneskap eerbaar opgetree. Hy het uiteindelik leiding geneem met krag en wysheid wat baie mense deur sewe jaar van hongersnood onderhou het. 

Josef Het Die Groter Prentjie Gesien
God het al die swaarkry wat Josef verduur het, gebruik om 'n man wat vervolg was, herhaaldelik mag te gee. Al het hy die guns van God en mense ervaar, kan ons egter aanneem dat hy baie hartseer was omdat hy deur sy broers verraai is, en weggeskeur is van alles wat hy geken het. Ons sien deurentyd dat Josef 'n ander prent as die tydelike een sien. Deur God se genade en wysheid het hy die vermoë gehad om die legkaartstukke van sy lewe bymekaar te pas, en te sien hoe God dit alles toegelaat het ten einde die mensdom van hongersnood te red. Hy het nie sy broers vir iets verantwoordelik gehou wat hy geglo het God gedoen het nie. Hy het die groter prentjie van God vertrou wat hom gebruik het om die wêreld te verander. 

Ongeag van waar ons is, of hoe ons situasie lyk, kan ons kies om te groei waar ons ons ook al bevind. Kom ons erken dat daar 'n groter doel is wat ons nie altyd raaksien nie. Kom ons koester en vertrou God se leiding, rigtingaanwysing en hoe Hy sy plan vir ons lewens, asook die mensdom, tot volle uitvoering bring. 

Dag 4

Aangaande hierdie leesplan

Wisdom From Old Testament Stories

Die Ou Testament kan soms verwarrend wees om te verstaan, maar dit is volgepak met verhale wat toepaslike wysheid bevat. In hierdie 5-dag leesplan, gaan ons dieper in verhale uit die Ou Testament delf — sommige meer bekend as ander — en tot nuwe insigte kom wat ons sal uitdaag en ons geloof sal uitbou.

More

Hierdie oorspronklike leesplan is deur YouVersion geskep en verskaf.