Wysheid Uit Ou Testament Verhale Voorbeeld

Natan Wys Dawid Tereg
Die Bybelverhaal van koning Dawid in 2 Samuel 11 sluit baie elemente van skok, omstredenheid en sonde in. Soos wat ons lees, kan ons die ramp van 'n kilometer af voorsien, en wil ons skree: "Haai, Dawid, moenie na haar kyk nie! Sy is getroud! Dit gaan slegte nagevolge hê!" Al wat ons kan doen, is om te kyk hoe die verhaal ontvou en te sien hoeveel mense se lewens as gevolg van een man se selfsugtige daad verwoes word. Dawid se ontmoeting met Batseba kon verhoed gewees het as hy net op die regte tyd op die regte plek was.
Wanneer ons in sonde gedompel is, is dit soms moeilik om te besef dat ons daar is, omdat ons so diep daarin is vasgevang is. Dit is presies waar ons geestelike vyand wil hê dat ons moet bly. Siende dat hy die vader en outeur van alle leuens is, waarom sal hy nie wil hê dat ons aanhou om daarin te leef nie? Dit is hier waar dit belangrik is om die regte mense in ons lewens te hê.
Koning Dawid het 'n godvresende man genaamd Natan in sy lewe gehad. Natan was 'n profeet en het Dawid in waarheid aangespreek. Hy het gesien wat besig was om in die situasie met Batseba te gebeur, en kon raaksien dat Dawid heeltemal mislei was. Natan moes iets doen om sy aandag te trek, dus het hy vir hom 'n verhaal vertel (2 Samuel 12:1b-4). Terwyl Natan die verhaal vertel het, het Dawid woedend geword en wou die man vir sy optrede laat boet. In daardie oomblik het Natan geantwoord: "Jy is daardie man!" Hy het voortgegaan en David het 'n paar verse later geantwoord: "Ek het gesondig teen die Here" (2 Samuel 12:13).
Die mooi deel van hierdie lelike verhaal is dat Dawid homself nie probeer verontskuldig het toe Natan hom tereggewys het nie. Hy het nie verskonings uitgedink of gemaak asof dit nie 'n ernstige saak was nie. Natan het Dawid van die sonde bewus gemaak, hy het sy sonde raakgesien en hy het berou voor sy God getoon.
Ons almal beland in situasies waar ons nie behoort te wees nie. Soms raak ons geestelik en moreel lui, en dan bevind ons onsself op 'n pad waar ons nooit moes wees nie. Ander kere duik ons kop eerste in die sonde terwyl ons elke oomblik daarvan geniet. Ongeag hoe ons in sonde beland, ons doen dikwels dinge wat ons nooit gedink het ons sal doen nie. Dit is belangrik dat ons nie in sonde leef nie. Die beste manier om dit te vermy, is om die regte mense in ons lewens te hê:
Vriende wat nie bang is om ons sonde uit te wys nie.
Vriende wat ons sal help om eerbare keuses te maak.
Vriende wat vir en saam met ons sal bid.
Vriende wat nie altyd met ons saamstem nie.
Vriende wat ons huwelik en gesin ondersteun.
Vriende wat ons uitdaag om meer soos Jesus te word.
Ons het Goddelike invloed in ons lewens nodig, omdat daar so 'n groot tekort daaraan is. Aangesien die samelewing so vol verkeerde invloed is, moet ons seker maak dat die mense wat die hardste in ons lewens praat, mense met 'n sterk, godvresende karakter is en 'n morele kompas het wat in God se Woord gewortel is.
Aangaande hierdie leesplan

Die Ou Testament kan soms verwarrend wees om te verstaan, maar dit is volgepak met verhale wat toepaslike wysheid bevat. In hierdie 5-dag leesplan, gaan ons dieper in verhale uit die Ou Testament delf — sommige meer bekend as ander — en tot nuwe insigte kom wat ons sal uitdaag en ons geloof sal uitbou.
More