Wysheid Uit Ou Testament Verhale Voorbeeld

Barak en Debora
Die boek Rigters in die Ou Testament bevat verskeie fantastiese oorlogsverhale oor die Israeliete — God se uitverkore volk. Hulle het in die beloofde land inbeweeg en die land wat God hulle gegee het, begin verower. Daar was verskeie veldslae wat moes plaasvind. Ons gaan vandag leer van 'n unieke veldslag waarby 'n vroulike leier van Israel betrokke was.
Alhoewel die Israeliete God se uitverkore volk was, was hulle in 'n skadelike siklus van sonde vasgevang. Hulle sou wegdraai van God af, afgode aanbid, onderdruk word, uitroep na God en dan sou God hulle red. Sodra God hulle van die gevaar gered het, het hulle weer weggedraai van Hom af. Dieselfde siklus, net 'n verskillende jaar.
Rigters 4 begin met die stelling dat die Israeliete vir 20 jaar deur die Kanaäniete onderdruk was. Op daardie tydstip, was Debora die leier van Israel. Sy het 'n man genaamd Barak geroep en hom opdrag gegee om 10 000 manskappe saam met hom na Taborberg te neem. Nadat sy hom meegedeel het dat sy Sisera, die bevelvoerder van die Kanaänitiese weermag, in sy mag sal oorgee, het hy soos volg reageer:
"Barak het haar geantwoord: 'As u saamgaan, sal ek optrek, maar as u nie saamgaan nie, gaan ek nie.'"
— Rigters 4:8
Om 'n lang storie kort te maak, die Israeliete — gelei deur Barak en Debora — het die Kanaäniete oorwin. Barak het innerlike sterkte en leierskap getoon, en Debora ongeëwenaarde verbetenheid.
Om hierdie verhaal af te sluit, moet ons na Hebreërs in die Nuwe Testament kyk. Christene noem Hoofstuk 11 dikwels die "Saal van Geloof." Daar word erkenning gegee aan helde uit die verlede vir hulle geloof in tye van beproewing en moeilike omstandighede — Noag, Moses, Ragab, om net 'n paar te noem. In vers 32 vind ons 'n interessante toevoeging tot hierdie groep gelowige mans en vroue.
"En wat moet ek nog meer sê? Die tyd ontbreek my om te vertel van Gideon, Barak, Simson en Jefta, van Dawid, Samuel en die profete." — Hebreërs 11:32
Ons vind Barak in dieselfde sin as ongelooflike krygers en gelowiges. Dis die man wat bang was om te gaan veg toe sy leier hom opdrag gegee het daartoe, en nie wou veg indien Debora, 'n vrou, nie saam met hom gaan nie. Debora was hier die een met geloof, maar daar word nêrens in Hebreërs 11 se Saal van Geloof van haar melding gemaak nie. Oorweeg die volgende gedagtes om uit hierdie verhaal saam te neem:
Leiers Is Ook Bang
Mense neem dikwels aan dat 'n leier nooit bang is nie, en altyd vol geloof is. Dit is nie altyd die geval nie. God het Barak beveel om die weermag te lei, maar hy was bang. Dit het veroorsaak dat hy Debora bykans gesmeek het om saam met hom te gaan. Net omdat iemand 'n leier is, beteken dit nie dat hy nie vrese het waarteen hy moet baklei nie. Om in 'n geveg of situasie in te stap, bou egter dikwels geloof en verander swakheid in krag.
Jy Weet Nooit Wie Agter Iemand Se Sukses Sit Nie
Ons kyk dikwels na leiers en dink dat hul werk verskriklik goed is. Goeie leiers sal jou vertel dat hulle dit nie alleen kon bereik nie. Daar is gewoonlik 'n span mense rondom 'n leier wat hom of haar help om suksesvol te wees. Die mense wat die leier ondersteun sal gewoonlik nie erkenning kry vir hulle hulp en vir die wyse waarop hulle die leier in moeilike tye ondersteun het nie.
Aangaande hierdie leesplan

Die Ou Testament kan soms verwarrend wees om te verstaan, maar dit is volgepak met verhale wat toepaslike wysheid bevat. In hierdie 5-dag leesplan, gaan ons dieper in verhale uit die Ou Testament delf — sommige meer bekend as ander — en tot nuwe insigte kom wat ons sal uitdaag en ons geloof sal uitbou.
More