Liefde en VerliesVoorbeeld
Beweeg Vorentoe
Hoe gaan jy met die lewe voort wanneer jy diepe verlies in die gesig gestaar het?
Wanneer ons seer het, mag mense "vertroostende woorde" vir ons aanbied en onwetend ons net nog seerder maak. Dit kan daartoe lei dat ons onsself wil afsonder. Alhoewel dit nie eintlik vir ons gesond is om afgesonderd te wees nie, kan afsondering wat reg aangewend word, dalk presies wees wat ons nodig het.
Hoe het Jesus gereageer toe hy gerou het? Hy het Homself afgesonder om tyd met God deur te bring (Matteus 14:13). Het jy al in jou droefheid tyd in God se teenwoordigheid deurgebring?
Ek (Ashley), het gedurende 2015 tot 2017, 'n droë tydperk deurgemaak. Ek het God gesoek, maar het net voor 'n oorverdowende stilte te staan gekom. Ek het daagliks aangehou om die Skrif te lees en die Woord van God met my studente gedeel. Ek het aanbidding gelei. Nietemin, was ek dikwels hartseer. Ek was ontmoedig omdat ek God gesoek het en 'n diep verbintenis met Hom wou voel.
Ek het deur 'n moeilike tyd gegaan en het tog gekies om nader aan Hom te kom, al was dit baie moeilik. Vir 'n lang tyd het ek regtig nie gevoel dat daar veel van God gekom het nie. Ek het die afstand steeds ervaar.
Hierdie ervaring was nie juis iets nuuts vir my nie, maar was op 'n baie dieper vlak as ooit voorheen. Ek onthou ek was op 'n kerkkamp in my hoërskooljare en wou naby aan God gevoel het. Ek onthou ek het gesê: "Ek gaan God meer opsoek". Dit het gewerk. Terwyl ek aangehou het om God te aanbid (en selfs te stry) om nader aan God te kom, het ek gevind God is nog steeds daar. Soms moet ek net 'n bietjie harder probeer om nader aan Hom te kom.
Hierdie ervarings openbaar dat dit EK is wat beweeg. My pyn, my sonde (en die sonde van die wêreld) pootjie ons aanmekaar.
Wat verhinder jou verbintenis met God?
Ons verbintenis met God is ons reddingstou. Dit is wat jou geestelike hart laat klop, wat aan ons 'n doel gee, en die vermoë om ander te versterk.
Toe Jesus Hom afgesonder het, het die mense Hom gevolg (Matteus 14:13).
Mense hou ook dop hoe jy rou. Jy kan dus in jou droefheid 'n getuie wees.
Later sien ons in Matteus 14 hoe Jesus in medelye met die mense, hulle gesond gemaak het. Al was Hy hartseer, het sy krag van die Vader gekom, sodat Hy krag op ander kon uitstort. Vra God om jou te genees en 'n geleentheid te skep waar jy ander kan bedien as gevolg van jou genesing. Watter bediening kan uit jou seer voortkom?
Kom ons bid.
Vader,
Help ons om tot U te nader (Hebreërs 11:6). Ons wil vorentoe beweeg, beide in hierdie lewe en eendag in u teenwoordigheid. Verlig waar ons moet loop. Help ons om nader aan U te kom sodat ons ook ander in u teenwoordigheid kan inbring. Ons wil van ons rouproses vorentoe beweeg na 'n posisie van krag sodat ons ander om ons kan bemoedig. Dit verg bonatuurlike krag wat slegs van U af kom. Dankie dat ons swakheid die ruimte skep vir die werking van u krag (2 Korintiërs 12:9).
Amen.
---
Om gratis hulpbronne te ontvang en met ons kontak te maak, kan jy hier inteken: https://www.elliottlifecoaching.com/subscribe.
Indien jy graag die video-kursus wil voltooi wat die leesplan vergesel, gaan na https://www.elliottlifecoaching.com/love-and-loss.
—Chuck en Ashley
Aangaande hierdie leesplan
Het jy iemand wat jy liefhet deur die dood, 'n egskeiding of ander tragedie verloor? In Liefde en Verlies, lei Chuck en Ashley Elliott lesers om oor hul reis na te dink, om ongesiene eienskappe van droefheid te identifiseer en verlig die stappe om 'n nuwe raamwerk vir hul lewens te skep en hul lewens te herbou onderwyl hulle na die Skrif as bron van hoop en rigtinggewing verwys.
More