Liefde en VerliesVoorbeeld
Hoe Ons Ons Geliefdes Sien
Het dit jou al ooit ontstel hoe jou geliefdes op verlies reageer? Dalk het dit jou gefrustreer dat hulle nie sterk emosies geopenbaar het nie, of nie oor hul droefheid wou praat nie. Dit wil voorkom as 'n algemene ervaring waarvoor baie mense te staan kom wanneer hulle verlies hanteer. Wat is dus die oorsprong van hierdie ervaring?
Is die dieper vraag waarvoor ons te staan kom, moontlik: "Rou ek op 'n aanvaarbare wyse?" As ander mense anders as ons optree, voel ons miskien negatief oor die manier waarop ons self aan droefheid uitdrukking gee.
Daarbenewens wend ons ons in ons swakheid na ander om vir ons te sorg. As hulle dus nie optree soos ons verwag nie, is ons teleurgesteld.
Ons lees in die Bybel toe Lasarus gesterf het, was Maria nie gelukkig met Jesus se gedrag nie. Toe sy Hom dus sien: "En toe Maria kom waar Jesus was en Hom sien, val sy aan sy voete neer en sê vir Hom: 'Here, as U hier gewees het, sou my broer nie gesterf het nie'" (Johannes 11:32). Sy het oor haar verlies gerou en was ontsteld dat Jesus nie daar was nie. Sy was dus ongelukkig met 'n VOLMAAKTE Persoon se keuse. Hoeveel makliker is dit dus vir ons om met ons geliefdes ontevrede te wees as hulle hulle nie gedra soos ons wil hê nie?
Ons kan toelaat dat ons seer ons verhoudinge versuur. Gedurende tye wanneer ons mekaar die nodigste het, is ons ook die kwesbaarste om seer te kry en afsydig teenoor ons geliefdes te raak.
Hoe het jou siening van jou geliefdes as gevolg van jou droefheid verander? Is dit vir jou moontlik om 'n bietjie van jou pyn te laat vaar en God se hulp te vra dat jy sal aanvaar elke mens rou anders?
Kom ons bid.
Vader,
Dankie vir my geliefdes. Help my om hulle te sien soos U hulle sien. Ek wil heel wees en ek wil hê my verhoudinge moet sterk wees. U weet hoe my droefheid die wyse geaffekteer het waarop ek my geliefdes sien, en selfs hoe ek U sien. Versterk my emosioneel, geestelik en fisiek. Vul my met u liefde.
Amen.
Skrif
Aangaande hierdie leesplan
Het jy iemand wat jy liefhet deur die dood, 'n egskeiding of ander tragedie verloor? In Liefde en Verlies, lei Chuck en Ashley Elliott lesers om oor hul reis na te dink, om ongesiene eienskappe van droefheid te identifiseer en verlig die stappe om 'n nuwe raamwerk vir hul lewens te skep en hul lewens te herbou onderwyl hulle na die Skrif as bron van hoop en rigtinggewing verwys.
More