Liefde en VerliesVoorbeeld
Verander Jou Siening van Droefheid
Hoe kan jy jou siening van droefheid verander? Om iets te ver-ander, beteken ons kies 'n ander perspektief. Byvoorbeeld, ons soek na iets positief wat uit 'n omstandigheid na vore gekom het, en hou daaraan vas terwyl ons in die lig van ons pyn, op God se goedheid fokus.
Kan skoonheid uit vreeslike droefheid na vore kom (Jesaja 31:3)? Is dit moontlik om na dieselfde verlies op 'n ander manier te kyk, om 'n dankbaarder en meer positiewe siening te ontwikkel? Ons glo die antwoord is 'n besliste JA!
As Christene, het ons ons siening oor die dood van Jesus verander. Dit was 'n verskriklike gebeurtenis, maar dit eindig met pragtige verlossing. Ons kan dus met dankbaarheid oor sy dood nadink. Alhoewel dit nog steeds hartseer is om aan sy lyding te dink, kan ons God dank vir Jesus se gewilligheid om ter wille van ons vryheid, die dood te verduur.
Kon jy al jouself met enigiets goeds uit jou pyn vereenselwig? Dit beteken nie dat die droefheid sal verdwyn of dat jou seer minder geldig is nie. Tog, met die kwade bedoelings van die vyand, kan God goeddoen (Genesis 50:20).
Ons het besluit dat ons hartseer nie verniet moes wees nie. Ons wou nie hê die vyand moes wen nie. Terwyl ons deur ons droefheid gegaan het, was ons eensaam. Dus was ons vasbeslote om uit te reik na ander wat voor droefheid te staan kom.
As ons aan ander gemeenskap te midde van hul moeilikste dae kan bied, dan wen ons. In ons soeke na die goeie, het dit ons gehelp om te besef dat ons sterk is. Ons is oorwinnaars wat ons nie sal laat onderkry, of die tragedie van hierdie wêreld sal toelaat, om ons te oorwin nie.
Het jy meer as gewoonlik op God staatgemaak? Het jou gesin nader aan mekaar gekom? Ons beweer nie dat jou pyn 'n goeie ding was nie; inteendeel, ons weet dat God alles ten goede laat meewerk vir dié wat Hom liefhet, en dat sy teenwoordigheid en sy goedheid die donkerte met hoop verlig (Romeine 8:28).
Kom ons bid.
Vader,
Help my om my ervaring van droefheid te verander. Aangesien ek geleer is om na die skoonheid in Jesus se lyding te kyk, kan ek ook leer om skoonheid in my pyn te sien. Daardeur sal u verheerlik word. Om my siening te verander, het ek u perspektief nodig. Maak my oë oop sodat ek kan sien.
Amen.
Aangaande hierdie leesplan
Het jy iemand wat jy liefhet deur die dood, 'n egskeiding of ander tragedie verloor? In Liefde en Verlies, lei Chuck en Ashley Elliott lesers om oor hul reis na te dink, om ongesiene eienskappe van droefheid te identifiseer en verlig die stappe om 'n nuwe raamwerk vir hul lewens te skep en hul lewens te herbou onderwyl hulle na die Skrif as bron van hoop en rigtinggewing verwys.
More