Liefde en VerliesVoorbeeld
Hoe Ons Ons Wêreld Sien
Was jy al sedert jou verlies by plekke wat jy eerder sou wou vermy? Het dit te pynlik geword om die kerk te besoek wat jy en jou geliefde bygewoon het; om deur 'n spesifieke gangetjie in die kruidenierswinkel te loop; of selfs om by 'n sekere kamer in die huis in te gaan? Droefheid beïnvloed byna elke faset van ons lewens.
Vir ons was dit baie pynlik om by die hospitaal verby te gaan waar ons gehoop het om ons ongebore kinders te ontmoet. Ons moes daagliks daar verbygegaan omdat dit naby ons huis was. Vir 'n rukkie het ons dus besluit om 'n ander roete te ry. Ons wêreld was nou anders. Ons harte was soos sagte voete wat oor warm kole moet loop. Ons was nie altyd seker waar daardie kole lê nie, maar as ons van die kole kon vermy, het ons dit gedoen.
Watter pyn jy ook al weens jou droefheid ervaar, onthou net jy mag maar seerkry. Staan 'n bietjie tyd af om na te dink oor hoe jy die wêreld nou 'n bietjie anders sien. Vra vir God om jou gebrokenheid te heel.
Mettertyd het ons met mekaar oor die hospitaal gesels. Een jaar het ek (Ashley) 'n erge keelinfeksie opgedoen en was so dankbaar vir die hospitaal. Dit het my gehelp om my siening van die hospitaal te heroorweeg en te probeer om van die pyn ontslae te raak.
Kom ons bid.
Vader,
"Wees my genadig, Here, want ek is in die nood; van verdriet het my oë swak geword, ja, alles in my. My lewe vergaan van kommer en my jare van swaarkry; deur my ellende word my krag geknak en teer my liggaam uit" (Psalm 31:10-11 AFR83).
Help my om my tot U te wend, om te herken hoe ek my wêreld anders sien. Genees my seerkry en trek my nader na U toe.
Amen.
Skrif
Aangaande hierdie leesplan
Het jy iemand wat jy liefhet deur die dood, 'n egskeiding of ander tragedie verloor? In Liefde en Verlies, lei Chuck en Ashley Elliott lesers om oor hul reis na te dink, om ongesiene eienskappe van droefheid te identifiseer en verlig die stappe om 'n nuwe raamwerk vir hul lewens te skep en hul lewens te herbou onderwyl hulle na die Skrif as bron van hoop en rigtinggewing verwys.
More