Maak Oop in Geval van Nood Voorbeeld
Hou net aan
Daar is 'n toeriste aantreklikheid in Chattanooga, Tennessee, genaamd Ruby Falls — 'n skouspelagtige natuurlike waterval wat 341 meter benede die Lookoutberg vloei. Om by die waterval uit te kom, moet jy vir 79 meter in 'n hysbak afgaan, tot in die hartjie van die berg. Wanneer jy daar aangekom het, moet jy amper 1,6 kilometer ondergronds deur donker grotte, lae plafonne en verby ondergrondse strome en stalaktiet-rotsformasies stap. Jy stap hierdie glibberige, afdraende paadjie totdat jy so diep is as die hoogte van die Empire Staatsgebou. Dan is daar skielik 'n opening in die grot en sigbaar is 'n pragtige 44 meter hoë waterval wat met reënwater gevoed word. Dit is geweldig treffend.
Die dag nadat ek en my familie hierdie fantastiese waterval besoek het, het ek met my dogters gepraat oor sommige sake waarvoor hulle te staan gekom het, en dit het by my opgekom dat die lewe soms soos 'n besoek aan Ruby Falls is. Ek het hulle vertel dat 'n mens jouself soms in 'n donker plek in die lewe gaan bevind waar jy jou kop sal stamp, sal gly en val. Jy kan nie baie ver voor jou sien nie en dit sal voel asof alles net afwaarts gaan. As jy egter genoeg geloof het om aan te hou stap, sal jy uiteindelik iets wonderliks sien wat net God kon bewerkstellig.
Voel jy asof jy vandag deur 'n grot stap? Is die lewe donker en glibberig? Hou aan stap, want God het iets wonderliks wat Hy aan jou bekend wil maak.
Skrif
Aangaande hierdie leesplan
Ons het elkeen al deur storms in ons lewe gegaan – is nou in 'n lewensstorm of sal nog in die nabye toekoms 'n lewensstorm ervaar. Hierdie 14-dag leesplan sal jou herinner dat Jesus in beheer van elke storm is. Omdat visuele beeld die "taal van die 21ste eeu" is, bevat elke oordenking oorspronklike foto's om dit te verduidelik en die impak daarvan te verdiep.
More